Skip to main content
Rektor oorsee vir fondswerwing

Rektor oorsee vir fondswerwing

Korporatiewe Bemarking / Corporate Marketing
27 September 2016

​Prof Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die US, reis van 28 September tot 7 Oktober 2016 na Kanada en die VSA – hoofsaaklik om fondswerwing vir die Universiteit te doen.

"Ek beplan om met stigtings, instellings, alumni en ander individue te vergader om hulle op hoogte van gebeure by die US en ander universiteite in Suid-Afrika te bring. Hoog op die agenda is die noodsaak vir groter finansiering, onder meer vir beurse aan akademies verdienstelike studente wat finansieel behoeftig is," het hy gesê.

Die Raad het by sy geskeduleerde vergadering op 26 September sy steun aan die rektor toegesê wat betref sy voorgenome reis aangesien fondswerwing ʼn hoë strategiese prioriteit is.

Prof Leopoldt van Huyssteen, Bedryfshoof, en later prof Eugene Cloete, Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies, sal in prof De Villiers se afwesigheid as Rektor waarneem. Prof De Villiers is weer op 10 Oktober terug op kantoor.