Skip to main content
​Raad stel kommissaris aan om taalimplementering by US te ondersoek

​Raad stel kommissaris aan om taalimplementering by US te ondersoek

Korporatiewe Bemarking / Corporate Marketing
17 Maart 2016

​Die Raad van die Universiteit Stellenbosch het 'n eenmankommissie van ondersoek aangestel om ondersoek in te stel na die onlangse proses ten opsigte van taalimplementering en om bevindings te maak of afwykings van die aanvaarde Beleid, Plan en Spesifikasies ontstaan het en, indien wel, hoe hulle ontstaan het en om aanbevelings aan die Raad te maak.

Afgetrede Appèlregter Craig Howie is as kommissaris aangestel.

Die Kommissie van Ondersoek sal op Dinsdag, 29 Maart 2016, met sy verrigtinge begin.

Mnr George Steyn, Voorsitter van die Universiteitsraad, doen 'n beroep op die media en die publiek om Regter Howie die volste geleentheid te gee om sy ondersoek af te handel om sodoende sy verslag teen 8 April 2016 te kan lewer en om derhalwe te aanvaar dat hy nie vir enige media-navrae en/of onderhoude beskikbaar sal wees nie.

Enige navrae moet aan Cluver Markotter Ingelyf gerig word: [email protected] / [email protected].