Skip to main content
Prof Pieter Gouws was 'n hoofspreker by die SAAFoST 23ste tweejaarlikse internasionale kongres

Prof Pieter Gouws was 'n hoofspreker by die SAAFoST 23ste tweejaarlikse internasionale kongres

Dr M. van den Honert
07 Oktober 2019

Prof Pieter Gouws was 'n hoofspreker by die SAAFoST 23ste tweejaarlikse internasionale kongres en uitstalling met die tema 'Food Science and Technology for the 21st Century' wat in Johannesburg, Suid-Afrika gehou is.

Prof Gouws se toespraak was getitel “Sal die mikrobes die laaste woord hê?"

Die 'South African Association for Food Science and Technology' (SAAFoST) is 'n nasionale nie-winsgewende organisasie, bestaande uit voedselwetenskap en ander tegniese professionele persone en studente, asook verskillende voedsel maatskappye en instellings. Die vereniging het tans ongeveer 2000 lede regdeur Suider-Afrika.

Hulle publiseer 'n tydskrif met die titel “Food Science and Technology" wat interessante en kort wetenskaplike navorsingsartikels en inligting oor huidige gebeure bevat.

Vind meer uit oor SAAFoST HIER.