Skip to main content
Prof De Villiers bedank personeel vir hul toewyding aan die US

Prof De Villiers bedank personeel vir hul toewyding aan die US

Korporatiewe Bemarking / Corporate Marketing
22 September 2016

​Prof Wim de Villliers, Rektor en Visekanselier, het gister in 'n e-posboodskap aan personeel hulle bedank vir hul "toewyding aan ons instelling". "Ek besef die gebeure die afgelope ruk het ʼn hoë tol geëis, maar ek verseker u ons doen alles in ons vermoë om die situasie verantwoordelik te bestuur." Prof De Villiers het weer studente en personeellede se reg op vreedsame protes erken. "Maar die besetting van geboue, die ontwrigting van klasse, toetse en studiesessies, die dreigemente en skeltaal, en die fisiese aanvalle wat ons ervaar het, druis teen ons institusionele waardes in en is heeltemal onaanvaarbaar."

Hy het verder gesê die US het ferm opgetree om die situasie reg te stel:

  • 'n Hofbevel is gisteraand (20 September 2016) verkry en op 30 respondente bestel om die Wilcocks-gebou te verlaat. Hulle het dit vanmiddag uit eie wil gedoen. Die respondente word verder verbied om enige kampusgebou te beset, die normale aktiwiteite van die Universiteit te ontwrig, ingange na geboue of strate te versper, eiendom te beskadig, of ander persone aan te rand, te intimideer, te bedreig, te teister, te beseer of aan te hou.
  • Op grond van ernstige oortredings is 11 studente tydelik geskors ("suspended" in Engels) hangende die uitslag van dissiplinêre prosesse. Hulle kan teen hierdie besluit appèl aanteken, en dit sal dan deur die Universiteit se Sentrale Dissiplinêre Komitee oorweeg word.

Lees die volledige boodskap hier.