
Ontmoet Ru Baker: #MyTygerMaties60
06 September 2016
As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Ru Baker.
“Die lewe is te kort om ander mense te probeer beïndruk,” sê eerstjaar MB,ChB-student en Meerhoff-inwoner Ru Baker. “Wees jou eie mens en moenie ander naboots nie.” Dít sal ook sy boodskap vir tieners wees. “Doen waarvoor jy lief is en moenie dat ander jou keuses beïnvloed nie.”Dis geen wonder nie dat Baker die woord “sukses" versinnebeeld as iemand wat ’n lewe van hul eie gevestig het en elke dag. “As jy nie gelukkig is nie, kan jy nie suksesvol wees nie.”Baker, ’n Durbaniet, is ’n sportgeesdriftige en geniet gholf, branderplankry en hokkie – hy was selfs deel van die Suid Afrikaanse onder-16 hokkie- en onder-17 binnenshuisehokkiespanne.Beide sy ouers is ook dokters en dit is juis hulle voorbeeld wat hom elke dag motiveer. “Om te sien hoe baie hulle bereik het, is iets waarna ek streef.”Hy hoop om eendag ’n chirurg te wees en om altyd te onthou waarom hy dié loopbaan gekies het.Het jy geweet…- Sy gunsteling TV-karakter is Joey Tribbiani van Friends. Baker glo hulle deel dieselfde passie vir kos (en om dit te eet!).
- Hy het nie juis fiemies nie en is lief vir enige soort kos.
- Hy kan selfs met ’n bietjie hulp bak. Sjokoladebruintjies is sy gunsteling.
- As hy net R50 in sy beursie het, sal hy kos koop daarmee.
- As hy ’n boodskap op ’n reuse advertensie bord kon skryf sou dit wees “As jy honger raak, eet”.