
Ontmoet Lethabo Ramasobana: #MyTygerMaties60
As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Lethabo Ramasobana.
As drome waar word, sal Lethabo Ramasobana eendag ’n hospitaal besit.
"Ek het nog altyd bewondering gehad vir my oom wat ’n dokter is, en ek wil beter wees as hy,” vertel hy van sy motivering om MB,ChB aan die Uinversiteit Stellenbosch te studeer.
Ramasobana is tans ’n eerstejaarstudent en Huis Kerkenberg-inwoner. Hoewel hy al van jongs af in ’n koshuis was, sê hy vanjaar was steeds ’n groot aanpassing om se ver weg te wees van sy huis in Polokwane en sy vriende.
Maar die nuwe mense wat hy ontmoet het, het sy oë oopgemaak vir nuwe dinge. “Hulle het my aan ’n ander deel van die lewe blootgestel.”
Sy studies het hom ook op sy tone gehou. “Die werk is voortdurend uitdagend, so dit druk my om harder te werk, wat ’n goeie ding is.”
Ramasobana beskryf homself as ’n iemand wat daarvan hom om grense te verskuif en sy vriende weet dat hy nie graag deur die norm beperk word nie, maar hy glo nietemin in ’n daaglikse roetine wat hom help om dinge gedoen te kry.
Sy top-studiewenk? “Los jou foon uit en sit die klank af.”
Vinnige feite:
- Boodskap aan jou ouer self? “Jy kan enigiets doen. Jy hoef op niemand staat te maak om dit vir jou te doen nie, maar moenie bang wees om vir hulp te vra as dit moeilik raak nie.”
- Gunsteling fliek-karakter? “Mr. Bean. Hy praat min, maar tog is sy flieks snaaks.”
- Lewensleuse? “Werk slim en hou vol met hoë standaarde.”
- Wat maak jou positief oor Suid-Afrika? “Dat ons humor kan vind in byna enige situasie.”
- Wat sou jy wou verander in Suid-Afrika? “Die rasse-mentaliteit en regeringskorrupsie.”