
Ontmoet Glen Rwodzi: #MyTygerMaties60
As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Glen Rwodzi.
Glen Rwodzi het “wonderbaarlik" ’n mantelvliesbreuk oorleef terwyl sy ma swanger was met hom en glo daarom dit is sy roeping om medies te studeer. “Dit is my manier om aan ander die lewe en gesondheid te gee wat ek nog altyd geniet het,” sê hy.
Rwodzi het skoolgegaan op Uitenhage en is nou ’n eerstejaar MB,ChB-student. Hy is ook ’n kranige tennisspeler en was vir drie agtereenvolgende jare in die Oos-Kaapse tennisspan. Hy hardloop steeds graag rond op die tennisbaan om fiks te bly.
Rwodzi streef na perfeksie en sê sy werksetiek is sy beste gewoonte.
Sy toewyding kom egter nie sonder opoffering nie: hy spandeer minstens vyf to ses uur per dag agter sy boeke en glo daarin om streng spertye vir homself stel as dit by swot kom.
Hy sê hy het by sy pa se flukse geaardheid geleer. “Dis my ouers se harde werk my aanspoor en motiveer om suksesvol te wil wees.”
Die wêreldbekende neurochirurg Dr Benjamin Carson inspireer hom ook as gevolg van wat hy bereik het en die uitdagings wat hy oorkom het. Rwodzi sal graag in ortopediese chirurgie wil spesialiseer.
Vinnige vrae:
- Verskuilde talent? “Ek speel nou al vir nege jaar lank kitaar.”
- Slegste gewoonte? “Ek gebruik die ‘snooze’ funksie heeltemal te veel.”
- Wat sou jy verander aan die land as jy kon? “Ek sou wou hê mense moet meer fokus op wat hulle kan doen vir die land, eerder as op wat die land ‘moet’ doen vir hulle.”
- Wat sal jy op ’n groot advertensiebord wil skryf? “Haat word aangeleer. Liefde is ingebore.”