Skip to main content
Ontmoet Barbara Venter: #MyTygerMaties60

Ontmoet Barbara Venter: #MyTygerMaties60

FMHS Marketing & Communications
12 September 2016

As deel van ons 60ste vieringe, stel die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe 60 toekomstige gesondheidsorgwerkers bekend wat tans eerstejaars is. Ontmoet Barbara Venter.

Unversiteitslewe het Barbara Venter geleer hoe om verandering te hanteer.

Venter is gewoond daaraan om Duits te praat in haar tuisdorp Windhoek, Namibië, en sê haar eerste jaar as BSc Fisioterapie-student by die Unversiteit Stellenbosch het met tye oorweldigend gevoel.

“Engels en Afrikaans was slegs skoolvakke,” verduidelik sy. Sy sê dit was ‘n uitdaging om ’n nuwe kommunikasietaal baas te raak.

Maar as sy terugkyk is sy trots op hoe sy geleer het om onhafhanklike besluite te neem en aan te pas by die nuwe leeromgewing.

"My gunsteling tye is wanneer ek myself beter leer ken," vertel Venter. Sy het selfs agtergekom sy kan sing toe sy vroeër vanjaar ’n oudisie afgelê het vir Huis Kerkenberg se Sêr-groep.

Venter sien uit daarna om as fisioterapeut te kwalifiseer en sal graag in pediatrie wil spesialiseer. "Ek het ’n passie vir kinders," sê sy.

Verlede jaar het sy as au pair gewerk in Duitsland en dit geniet om kinders op te pas en te tutor.

Haar droomwerk is om eendag ’n groot verskil te kan maak in die lewens van haar klein pasiënte.

Het jy geweet…

  • Sy bly fiks deur baldans te doen, tou te spring en Pilates.
  • Sy is lief vir die natuur, boeklees en fluitspeel.
  • Dirty Dancing is haar gunsteling fliek.
  • Haar beste studiewenk is om nooit agter te raak met jou werk nie. “Want dit is bykans onmoontlik om in te haal."