
Ontbytbesprekingsreeks 2016
Sluit by ons aan vir die tweede in 'n reeks ontbytbesprekings wat deur die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Skool vir Publieke Leierskap (SPL) aan die Universiteit van Stellenbosch (US) aangebied word, met die steun van die Konrad Adenauer-stigting (KAS).
ONDERWERP: "Vrye en regverdige verkiesings in Suid-Afrika. Waar staan ons ná 22 jaar?"
DOELWIT: Die ontwikkeling en versterking van grondwetlike demokrasie en die handhawing van dialoog oor goeie bestuur op nasionale vlak in Suid-Afrika deur 'n reeks strategiese en tersaaklike gesprekke wat verband hou met opvoeding oor bestuur
SPREKERS: Me Raenette Taljaard, Uitvoerende Direkteur van die Harvard Universiteit se Sentrum vir Afrika-studies, Suid-Afrika; voormalige Lid van die Parlement; voormalige Kommissaris van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, en ds Courtney Sampson, Wes-Kaapse Provinsiale Kiesbeampte
DATUM: Woensdag, 4 Mei 2016
TYD: 07h00 vir 07h30 tot 09h00
PLEK: Townhouse-hotel, Kaapstad
RSVP: Aanlyn registrasie via www.cfcr.org.za/index.php/contact-us/event-registration
KOSTE: R60 per persoon (gratis vir studente)
Beperkte sitplekke beskikbaar.
Bywoning is onderhewig aan bevestiging van registrasie voor die geleentheid.