Skip to main content
Nuwe ‘vervlegte-leer’-MBA in 2017

Nuwe ‘vervlegte-leer’-MBA in 2017

USB
14 Junie 2016

Die Universiteit van Stellenbosch Bestuurskool (USB) stel in 2017 ’n nuwe Vervlegte-Leer-MBA oor twee jaar bekend om sy aanbod van ’n Voltydse MBA oor een jaar en ‘n Modulêre MBA (verskeie innames) oor twee jaar uit te brei.​ Martin Butler, die USB se nuwe MBA-hoof, sê die volgende oor die Vervlegte-Leer-MBA: "Dit is nou 'n opwindende tydperk om 'n wêreldklas-MBA aan te bied wat die bekendstelling van 'n nuwe MBA-formaat in 2017 insluit waar die USB baanbrekerswerk doen met betrekking tot gelyktydige virtuele leer deur 'n "glokale" lesingsaal. Die struktuur en inhoud van die Vervlegte-Leer-MBA's is identies aan die Voltydse MBA en Modulêre MBA.