Skip to main content
Nuwe departemente & afdelings

Nuwe departemente & afdelings

FMHS Marketing & Communications
26 Januarie 2017

Na deeglike konsultasie het die Fakulteitsraad en die Senaat aan die einde van verlede jaar die besluit goedgekeur om die Departement Interdissiplinêre Gesondheidswetenskappe (DIGW) te ontbondel, met inwerkingtreding op 1 Januarie 2017. Die DIGW is ontbondel in vier departemente en die poste vir die nuwe uitvoerende hoofde en afdelingshoofde sal intern geadverteer word om geskikte kandidate aan te stel. Gevolglik sal prof Usuf Chikte, die vorige hoof van die DIGW, as waarnemende hoof dien in 'n aantal departemente en afdelings totdat die vakatures gevul is. Die nuwe struktuur sien as volg daaruit: Departement Verpleeg- en Verloskunde – Uitvoerende Hoof: Prof Anita van der Merwe Departement Huisarts- en Noodgeneeskunde – Waarnemende Uitvoerende Hoof: Prof Usuf Chikte

  • Afdeling Huisartskunde en Primêre Sorg – Hoof: Prof Bob Mash
  • Afdeling Noodgeneeskunde – Hoof: Prof Lee Wallis

Departement Gesondheids- en Rehabilitasiewetenskappe – Waarnemende Uitvoerende Hoof: Prof Usuf Chikte

  • Afdeling Spraak-Taal- en Gehoorterapie – Waarnemende Hoof: Dr Daleen Klop
  • Afdeling Arbeidsterapie – Hoof: Prof Lana van Niekerk
  • Afdeling Fisioterapie – Hoof: Prof Susan Hanekom

Departement Globale Gesondheid – Uitvoerende Hoof: Prof Usuf Chikte

  • Afdeling Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid – Waarnemende Hoof: Prof Usuf Chikte
    • Sentrum vir Gesondheidstelselversterking
    • Sentrum vir Rehabilitasiestudies
    • Afrika-Kankerinstituut
    • Eenheid vir Infeksievoorkoming- en beheer
  • Afdeling Epidemiologie en Biostatistiek – Waarnemende Hoof: Prof Usuf Chikte
    • Sentrum vir Bewysgebaseerde Gesondheidsorg
  • Afdeling Menslike Voeding – Hoof: Prof Xikombiso Mbhenyane