Skip to main content
NMMU blaas tot met eindfluitjie in Maties se nek

NMMU blaas tot met eindfluitjie in Maties se nek

Maties Sport
16 Februarie 2016

​Ná twee rondes van Varsity Cup-aksie is die FNB Maties die voorlopers op die punteleer met 10 punte, gevolg deur Shimlas (9), UJ (8) en NWU-Pukke (7).

'n Uitstekende skop deur Theo Stapelberg het Maandagaand (15 Februarie) die oorwinning teen FNB NMMU verseker en gesorg dat Maties steeds onoorwonne in die kompetisie is. Hulle het NMMU met 27-25 gewen.

Lees wedstrydverslag.

Die FNB Maties het hul Varsity Cup-veldtog verlede week in styl geopen met 'n oortuigende oorwinning teen die FNB CUT Ixias.

Hawies Fourie, Maties se nuwe hoofafrigter, was waarskynlik meer as tevrede met sy span se vertoning teen FNB CUT.

Die wedstryd is in 'n stampvol Danie Craven-stadion in Stellenbosch gespeel en Maties het die tuisskare beïndruk toe hulle die besoekende span met 40-0 geklop het.

Lees wedstrydverslag.

Vier Maties is by Varsity Rugby se Span van die Week ingesluit vir ronde 1 ingesluit. Hulle is Wesley Adonis, Craig Corbett, Ian Groenewald en Wilhelm van der Sluys.

Foto: www.varsitycup.co.za