Skip to main content
Naweek van gemengde welslae vir Steinhoff Maties Hokkie

Naweek van gemengde welslae vir Steinhoff Maties Hokkie

Maties Hockey / Maties Hokkie
25 Mei 2016

Die twee voorste klubs in die Westelike Provinsie se Grootuitdaagliga, Steinhoff Maties en WPCC​, het mekaar die afgelope naweek op Coetzenburg gepak en die aksie het nie teleurgestel nie.

Steinhoff Maties Hokkie se vrouespan het WPCC oortuigend met 5-0 geklop. Quanita Bobbs het vier keer die doelhok laat raas en Tarryn Glasby het ook ‘n doel aangeteken. Die span het nou 22 punte na agt wedstryde en is eerste op die punteleer. WPCC het 18 punte na sewe wedstryde.

Steinhoff Maties Hokkie se mansspan het daarin geslaag om ‘n gelykopuitslag af te dwing nadat hulle kort voor die einde van die wedstryd nog 1-3 agter was. Ross Campbell het enkele minute voor die einde 'n doel aangeteken om die momentum te swaai. Keenan Horne het 20 sekondes voor die eindfluitjie sou blaas die gelykmaker aangeteken ná goeie spel deur die kaptein, Dylan Swanepoel. Daniel Bell het Maties se eerste doel aangeteken.

WPCC is steeds bo-aan die punteleer met 16 punte en Maties is tweede met 12.

Vics het Sondag teen Pinelands gespeel. Die mans het 5-3 gewen, terwyl die vroue met 2-4 verloor het.

Volgende op die kalender is Central teen Maties en Ikeys teen Vics.

Steinhoff Maties se Keenan Horne (foto) is as Varsity Sport Hokkie 2016 se Super Striker aangewys. Horne het ses doele in die toernooi aangeteken.