Skip to main content
Min het nog verander vir vrouesport in SA

Min het nog verander vir vrouesport in SA

Nana Adom-Aboagye
22 Augustus 2023

Ter viering van Vrouemaand skryf dr Nana Adom-Aboagye van die Sentrum vir Sportleierskap by Matie Sport in ʼn meningsartikel vir News24 (21 Augustus 2023) dat meer gedoen moet word om billike en regverdige ondersteuning, geleenthede, toegang, hulpbronne en aansporings vir vroue en meisies in sport te verskaf.

  • Lees die gedeeltelik vertaalde weegawe van die artikel hier onder.

Nana Adom-Aboagye*

Terwyl ons nog 'n Vrouemaand vier, is dit vir my pynlik om te moet sê dat daar tot op hede – amper 30 jaar sedert ons eerste demokratiese verkiesing en meer as drie jaar sedert ek my doktorale navorsingstudie oor genderbillikheid in sportverwante beleide voltooi het – nie veel vir vroue in Suid-Afrikaanse sport verander het nie.

Ek mag miskien ietwat afgestomp voorkom, maar in die woorde van die Franse skrywer, Jean-Baptiste Alphonse Karr: “Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde …" Ek sê dit omdat net in 2023 alleen, het gebeure op die Suid-Afrikaanse sportlandskap aan die samelewing se deurlopende worsteling (goed en sleg) met “gegenderde" ingesteldhede, ideologie en kulturele sienings geraak wat dikwels die plek van formele “beleid" inneem wat betref vroue in sport.

SuperSport het 2023 as die jaar van vroue in sport verklaar met #HereForHer. Hierdie veldtog het met 'n groot geskal en baie belofte afgeskop. Dit het die land laat regop sit om kennis te neem van en drie van ons top-vier nasionale sporte (volgens getalle) – krieket, netbal en sokker – se vrouespanne te ondersteun in die aanloop tot hulle onderskeie wêreldbekertoernooie.

Ons Protea-vrouekrieketspan het deurgedring na die eindstryd van die T20-wêreldbekertoernooi wat ons aangebied het – 'n prestasie wat selfs die manspan nog nie kon behaal nie. Die toernooi het internasionale rekords vir kykergetalle verbeter. Hierdie groei en verbetering kan toegeskryf word aan die doelbewuste besluitneming deur Krieket Suid-Afrika in 2013 om aanvanklik ses kontrakte vir nasionale spelers aan te bied. Dit is nou uitgebrei na verskeie semi-professionele, nasionale en hoëprestasiekontrakte vir sommige van die vroue in provinsiale spanne.

Ten slotte …

Die sleutel om die heersende narratief regoor die land vir vroue en meisies in sport te verander, is om te verseker dat beleide in werking gestel word. Suid-Afrika het baie goeie beleide, maar ons haak vas by die inwerkingstelling. Inwerkingstelling verg doelbewuste voorneme en onderneming – iets wat deur die jare ten beste sporadies was.

Ek, vir een, sien uit hierna terwyl ek voortgaan om my deel te doen. Ek hoop ook dat ek teen hierdie tyd aanstaande jaar 'n stuk sal skryf wat heeltemal anders lyk en dat ek (in die toekoms) werklik Vrouemaand sal kan vier sonder enige angstigheid. 

  • Klik hier om die res van die artikel soos geplaas te lees.

Foto deur Alexander Fox | PlaNet Fox van Pixabay

*Dr Nana Adom-Aboagye is die Hoof: Sentrum vir Sportleierskap by Matie Sport aan die Universiteit Stellenbosch.