
Konvokasievergadering op 23 November gehou
27 Oktober 2017
Lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) en hulle metgeselle word uitgenooi na die jaarvergadering van die Konvokasie op Donderdag 23 November 2017.
Alle US-gegradueerdes, -gediplomeerdes, en alle voltydse akademiese personeellede van die US is lede van die Konvokasie.
Plek: Endlersaal, Konservatorium, Victoriastraat, Stellenbosch
Tyd: 19:00
Spreker: Dr Willem (Willa) Boezak (Skrywer en Navorser).
Bevestig asseblief u bywoning per e-pos by [email protected] of telefonies by 021 808 4020. Ligte verversings sal na afloop van die geleentheid bedien word.