
Hardlopers benodig vir ‘n navorsingsprojek met draagbare tegnologie.
Wie kan deelneem?
1) Mans en Vrouens tussen die ouderdom van 18-35.
2) Gereelde hardlopers, maar nie meer as ~ 10km/ week nie.
3) Iemand wat 'n begeerte het om fiksheid en hardloopprestasiete verbeter.
4) Iemand wat 'n GPS en hartspoedmonitor het of gebruik tydens oefening.
5) Iemand op wie enige van die volgende nie van toepassing is nie: toestande soos metabolise, neurologiese of kardiovaskulêre siektes; onlangse hardloopverwante beserings van die bene of rug; onlangse enkelbesering; onlangse harsingskudding; balansafwyking.
Waarom? Wat kan dit vir jou beteken?
1. Gratis professionele verslae van die toetse oor jou hardloopprestasie (VO2max en hardloop-ekonomie).
2. 'n Individueel-gepaste oefenprogram oor 8 weke deur 'n Biokinetikus (2 sessies per week onder toesig).
3. 'n Gelukkige trekking vir 'n nuwe paar hardloopskoene ter waarde van R1000 indien jy die studie voltooi.
Waar en wanneer?
Sportfisiologie Laboratorium, Dept Sportwetenskap, Universiteit Stellenbosch.
Daar is nog 'n paar plekke beskikbaar. Kontak ons by [email protected] om jou plek te bespreek.