
Dringende Kampusinligting: Protesaksie
Donderdag 22 September:
» Kliek hier vir meer inligting
Woensdag 21 September:
Alle klasse vir voorgraadse studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe is afgestel vir die dag. Kliniese rotasies en Vaardigheidslaboratorium-aktiwiteite gaan voort. Die Dekaan se Bestuurspan ontmoet met die Tygerberg Studenteraad om gebeurlikheidsreëlings vir Donderdag en Vrydag te tref.
Dinsdag 20 September:
Alle klasse en kliniese rotasies vir studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe is opgeskort vir vandag, Dinsdag 20 September 2016 en geen student sal gepenaliseer word indien hulle nie hierdie verpligtinge nakom nie. Noodsaaklike dienste, toetse en eksamens sal voortgaan.
Verklaring deur die Dekaan se Bestuurspan, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch.
» Kliek hier om 'n verklaring van die Dekaan se Bestuurspan te lees.