Skip to main content
Dr Ronald Kahn van Black Rock sal Thys Visser-gedenklesings gee

Dr Ronald Kahn van Black Rock sal Thys Visser-gedenklesings gee

Ronel Beukes
18 April 2016

​Dr Ronald Kahn van Black Rock Batebestuur, bekende kundige op die gebied van portefeuljebestuur en kwantitatiewe investering, het 'n uitnodiging van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aanvaar om die Thys Visser-gedenklesings in Julie vanjaar aan te bied.

Wyle Thys Visser was  ʼn dinamiese sakeleier, alumnus van hierdie Fakulteit, en ʼn groot ondersteuner van die Universiteit Stellenbosch. Ná sy voortydige dood in 2012 het die Fakulteit besluit om hom by wyse van ʼn tweejaarlikse lesingreeks deur vooraanstaande internasionale kundiges te vereer.

Volgens prof Stan du Plessis, dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, bied die lesings "ons studente, personeel en die publiek ʼn geleentheid om na akademici en praktisyns van wêreldgehalte te luister wanneer hulle in diepte oor onderwerpe van algemene belang gesels."

Dr Kahn is die besturende direkteur en internasionale hoof van wetenskaplike ekwiteitsnavorsing by BlackRock, wat onder andere institusionele portefeuljes, verskansingsfondse en ander beleggingsfondse van meer as $75 biljoen vir instellings en individue wêreldwyd bestuur.

Die lesingreeks met die titel Batebestuur: Toe, nou en in die toekoms bestaan uit drie aandlesings op 25, 26 en 27 Julie 2016 by STIAS, Maraisstraat 10, Stellenbosch:

  • 25 Julie 2016 om 18:00 vir 18:30:  The Modern History of Investment Management - A Macro View
  • 26 Julie 2016 om 18:00 vir 18:30:  Seven Insights into Active Management - A Micro View
  • 27 Julie 2016 om 18:00 vir 18:30:  The Future of Investment Management

Die publiek is welkom om die lesings gratis by te woon, maar moet sitplekke bespreek deur hier te kliek.

Vir aanwysings na STIAS, kliek hier.

Verdere inligting oor dr Ronald Khan:

Ronald Kahn has published many articles on investment management, and, with Richard Grinold, authored the influential book Active Portfolio Management: Quantitative Theory and Applications. He serves on the editorial advisory boards of the Financial Analysts Journal, the Journal of Portfolio Management and the Journal of Investment Consulting. He also teaches the equities half of the course, "International Equity and Currency Markets", in UC Berkeley's Master of Financial Engineering Program.

He earned an AB degree in physics, summa cum laude, from Princeton University, and a PhD in physics from Harvard University. He was a post-doctoral fellow in physics at University of California, Berkeley. The 2007 book How I Became a Quant includes his essay describing his transition from physics to finance.