
Auxin met Prof Mbulungeni Madiba
Titel van aanbieding: Die implementering van multitaligheid in SA universiteite: dilemmas en innoverings
Titel en aaam van aanbieder: Prof Mbulungeni Madiba, Dekaan: Fakulteit Opvoedkunde
Kort Biografie van aanbieder: Prof Mbulungeni Madiba is sedert September 2019 Dekaan aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Opvoedkunde. Hy was direkteur van die Multilingual Education Project (MEP) aan die Centre for Higher Education Development (CHED) by die Universiteit Kaapstad (UK). Daar was hy ook dekaan en vise-dekaan en voorsitter van die UK Senaat se taakomittee, en het gedien op die UK raad. Prof Madiba het 30 jaar ondervinding in onderwys en baie ervaring in leierskap en bestuur. Hy is 'n volle professor in Multitalige Onderrig, en het 'n DLitt et Phil (Linguistiek) graad by Unisa verwerf. Hy het navorsingsgenootskappe en toekennings ontvang van verskeie instellings, ook die universiteite van Keulen, Londen (Oppenheimer genoot), Birmingham en Harvard (Mandela genoot). Sy navorsing word erken met 'n C gradering by die Nasionale Navorsingstigting. Hy stel belang in taalbeplanning en -beleid, veral in multitalige onderrig.
Opsomming: Na 26 jaar van demokrasie is daar steeds heelwat dilemmas met die implementering van multitalige leerprogramme aan Suid-Afrikaanse universiteite (SAMRK Verslag, 2014). Hierdie dilemmas is teoreties, ideologies, metodologies en prakties van aard. Party van die dilemmas is blootgelê deur die COVID-19 pandemie. Meeste universiteite is net nie toegerus om multitalige materiaal te verskaf om leer en onderrig te ondersteun vir studente wat van die huis af oor groot afstande heen probeer studeer nie. Die volgende Auxin aanbieding se doel is om hierdie dilemmas te bespreek en om innoverende strategieë te deel om hulle te oorkom. Transtaligheid word voorgestel as 'n innoverende onderwysstrategie om uitdagings te oorkom in die implementering van taalbeleid. Transtaligheid help multitalige studente om hulle volle linguistiese repertoire te gebruik wanneer hulle leer en slaan 'n brug tussen taalbeleide en onderrigpraktyke.
Datuum en tyd: 26 Mei 2020, 12:45 - 13:45
Plek: MS Teams
Artikels:- Garcia, O. and Kleyn, T. 2016. Translanguaging with multilingual students: Learning from Classroom moments. New York: Routledge
- Madiba, M. 2018. The Multilingual University. In A. Creese and A. Blackledge (eds.), The Routledge Handbook of Language and Superdiversity. London: Routledge (pp.504-517)