Skip to main content
Amicus-fonds gebruik die krag van kollektiewe skenking om terug te gee

Amicus-fonds gebruik die krag van kollektiewe skenking om terug te gee

Development and Alumni/ Ontwikkeling en Alumni
21 Desember 2016

Wat het 'n prokureur uit Pella in die Noord-Kaap met 'n aspirant prokureur van Mitchells Plein gemeen? Veerkragtigheid, ambisie, moed en passie – om net 'n paar te noem.

Mikhail Hendricks, regstudent aan die Universiteit Stellenbosch (US) en ontvanger van 'n Amucus-beurs, streef daarna om 'n positiewe bydrae in Suid-Afrika te lewer. 

Aubrey Magerman, US-alumnus en ook voormalige ontvanger van 'n Amicus-beurs is tans kommitteelid van die Amicus Fonds wat Mikhail in staat stel om sy droom te bewaarheid.

Amicus is Latyns vir 'vriende' en dit is juis 'n groep vriende van die US Fakulteit Regsgeleerdheid (voormalige, studente, prokureurs, advokate) wat help met befondsing vir beurse aan huidige studente.

Die storie van die Amicus-fonds, gestig deur US-alumni, weerspieël die krag van kollektiewe skenking. Die fonds bestaan reeds die afgelope 20 jaar en bied geldelike hulp aan toekomste regslui.

"Sonder die ondersteuning van die Amicus-fonds beurs sou ek nie so op my werk kon fokus nie. En sonder daardie finansiële ondersteuning, is 'n mens geneig om te stres. Nou kan ek egter op my werk konsentreer en daarvoor is ek regtig dankbaar, " sê Mikhail. 

Een student benodig dalk R20 000 om die uitstaande balans op 'n studente rekening te betaal voordat hy/sy kan 'n grad kan ontvang. Of 'n student benodig dalk R5 000 om belangrike handboeke te koop.

Dit is hiér waar baie individuele skenkers van die Amicus-fonds in tree om te help. Jy kan ook jou bydrae tot die merkwaardige krag van kollektiewe skenkings lewer. Gee terug aan iemand vandag: Maak 'n verskil hier.