Skip to main content
PJM

Baccalareus in Datawetenskap (B​DatSci)

Terug na Departement Statistiek en Aktuariele Wetenskap

GROOT NUUS: BDatSci Finale-jaars wen die 2025 Discovery GradHack (Lees die volle storie hier)

(Voltyds en 'n residensiele program en nie aanlyn nie)

AANSOEKE VIR 2026 INNAME IS NOU GESLUIT EN VIR 2027 INNAME, DIE AANSOELE OPEN IN APRIL 2026. MAAK SEKER JOU AANSOEK IS BETYDS VIR STUDIES IN HIERDIE GRAAD. GEEN LAAT AANSOEKE GAAN AANVAAR WORD NA SPERDATUM. AANSOEKE SLUIT 31 JULIE 2026 VIR 2027 INNAME.

NOTA AAN ALLE EERSTE-JAARS 2026: Jy gaan 'n verpligte inligtingsessie bywoon op 30 Januarie 2026 wat deeglik gaan verduidelik die verskil tussen al die fokusareas. Moet asb nie voor hierdie datum vir enige fokusarea aanlyn registreer of selfs vir enige modules in die program nie. Jy sal deeglik gelei word in jou keuses en ook inligting ontvang wat die mees buigsame fokusareas is, indien jy steeds onseker is oor 'n fokusarea om te kies. Die inligtingsessie is verpligtend om by te woon gedurende Maties-Welkom-Week 2026 en die sessie word gehou in die Van Sterr-gebou (ingang 1), saal 3124. Alle BDatSci studente moet dit bywoon ongeag jou fokusarea of fakulteit jy gaan registreer. Jy sal alles inligting omtren Maties-Welkom-Week ontvang sodra die graad 12 resultate amptelik vrygestel is. Die dokument wat die registrasie proses sal bespreek word tydens hierdie sessie behandel (klik hier om solank dit te sien).

​Die vierde industriele revolusie verander tans die wetenskap en die Industrie in merkwaardige maniere. Kunsmatige intelligensie, masjienleer, statistiese leer, diepleer, groot-data - hierdie is almal konsepte wat die kern vorm van die dissipline, Datawetenskap. Werk in bykans alle omgewings word meer en meer gedryf en bestuur deur data en hierdie kontinue transformasie van werksomgewings vereis betekenisvolle kaders van talentvolle gradueerdes met hoogs ontwikkelde datawetenskap- vaardighede en kennis. 'n Kwalifikasie in Datawetenskap is hoogs gesog en lei tot baie werksgeleenthede.
 

Alhoewel baie fakulteite oor die laaste klompie jare sekere Datawetenskap voorgraadse programme en fokusse ingestel het, het die Universiteit sedert 2021 begin met 'n nuwe voorgraadse program in Datawetenskap, wat waarlik multi-disspliner is.
 

Opedag: Saterdag, 18 April 2026 ​(aanbieding hi​er​​​​) - vir studente wat in 2027 eerstejaar is.​

Indien jy van fokusarea wil verander, besoek die skakel hierbo "AANSOEKPROSEDURE". Al die inligting is daar wanneer jy na onder gaan op die bladsy.