Voorgraads
Studente kan aansoek doen om toelating tot die BSc Voedselwetenskap Program
Programinligting
Vir volledige inligting oor die program-/graadstruktuur, vakkeuses en aansoekprosedures, verwys asseblief na die Universiteit van Stellenbosch se jaarboek vir die Fakulteit AgriWetenskappe.
Algemene Navrae
Voorgraadse Toelatingsvereistes
BSc Voedselwetenskap
- NSS- of IEB-gemiddelde van ten minste 5 (60%) Uitgesluit Lewensoriëntering
- Engels of Afrikaans (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 (50%)
- Wiskunde 5 (60%)
- Fisiese Wetenskappe (Fisika & Chemie) 4 (50%)
Toelatingsvereistes kan jaarliks verskil.
Verwys asseblief na die jaarboek vir modulekodes
Let asseblief daarop dat Voedselwetenskap 'n keuringskursus is en slegs 'n sekere aantal studente jaarliks geakkommodeer kan word.
Programstruktuur
Eerste Jaar
- Biologie
- Chemie
- Fisika
- Rekenaarvaardigheid
- Wiskunde
- Inleiding tot Voedselwetenskap
Tweede Jaar
- Biochemie
- Biometrie
- Chemie
- Mikrobiologie
- Voedselverwerking en -preservering
Derde Jaar
- Voedselbiochemie
- Voedselchemie
- Mikrobiologie
- Vleiskunde
- Voeding
- Voedselveiligheid
- Graanwetenskap
- Sensoriese Wetenskap
Vierde Jaar
- Nuwe Produkontwikkeling
- Voedselchemie en -analise
- Voedselprosesingenieurswese
- Voedselverpakking
Aansoeke:
- Open rondom April en sluit teen einde Julie
- Doen aansoek met jou Graad 11-jaaruitslae (indien in Graad 12)
- Doen aansoek met jou Graad 12-jaaruitslae (indien reeds gematrikuleer)
- Doen aansoek by www.maties.com
- Voornemende studente moet weer aan die minimum vereistes voldoen met hul Graad 12 finale punt en sal dan ‘n finale aanbod ontvang, wat hul moet aanvaar