Skip to main content

Meer oor ons

​Welkom by die Departement Tuinbouwetenskap

"​Tuinboukundiges verskaf voedsel om die wêreld te voed, verfraai ons woonbuurte, versier ons tuine en gee atmosfeer en welstand deur die energie van die son met grond, sade, water en vindingrykheid te kombineer." - Harvesting the Sun (2012, ISHS).

Wat ons by die Departement doen

Die Departement Tuinbou is betrokke by die opleiding van tuinboukundiges wat die kundigheid het om betrokke te raak by alle aspekte van die vrugte- (pels, pere, steenvrugte soos pruime en perskes, sitrus, asook olywe, granaatjies, vye, neute en bessies) en snyblombedrywe.

Ons lei tuinboukundiges van hoogstaande gehalte op wat gesog is in die bedryf vanweë hul diepgaande kennis van alle produksie-aspekte, asook fisiologiese prosesse wat betrokke is by die produksie van vrugte en snyblomme. Boonop word ons studente toegerus met die vermoë om die nuutste navorsing te doen en tegnologiese innovasie suksesvol te implementeer.

Wat jy as 'n tuinboustudent sal ervaar

Gedurende jou studies sal jy blootgestel word al alle aspekte van die bedryf, vanaf produksie tot by die supermarkrak in Europa, die VSA en die Verre- en Midde-Ooste. Jy sal ook leer hoe die klimaat vrugte- en snyblomproduksie beïnvloed – die vermoë om by veranderende klimaatstoestande aan te pas, word al hoe belangriker. Jy sal nie net teoretiese kennis opdoen nie, maar ook jou eie boord bestuur, op uitstappies gaan na kommersiële plase, pakhuise en verwerkingsaanlegte onder andere, terwyl uitvoerders lesings aanbied oor die konsultasiebedryf, boerdery-uitdagings en die vestiging van 'n nuwe bedryf.

Loopbaangeleenthede

As 'n tuinboukundig kan jy in diens geneem word as 'n konsultant, entrepreneur, kweekhuisbestuurder, tegniese bestuurder, produksiebestuurder, pakhuisbestuurder, uitvoerder van vrugte en snyblomme, gehaltebeheerder, agrochemiese tuinboukundige, varsgesnyde-lynbrustuurder, logistieke produkbestuurder, landbou-ekonomiese adviseur, akademikus/lektor, voorligtingsbeampte, tegnikus of navorser. By die voltooiing van jou studies sal jy 'n professionele persoon wees wat hooggeag word deur die bedryf, in so 'n mate dat jou indiensneembaarheid byna verseker kan word sowel plaaslik as wêreldwyd in poste wat finansieel baie mededingend is.
 

'n Eenvoudige motto: "Begrip van die produksie van soveel verskillende gewasse = soveel verskillende werksgeleenthede"​​​

 

Missie

Die opleiding van voorgraadse en nagraadse studente in die voor- en na-oesbiologie, -fisiologie en -tegnologie van kommersiële vrugteboomstelsels en blommeteelt is die sleuteldoelwitte van die departement. Om dinamiese navorsing in die sagtevrugte-, subtropiese vrugte- en sitrusbedrywe te doen, en waardetoevoegende tegnologie vir bedryfsvennote te verskaf wat gerig is op die verhoging van hul wêreldwye mededingendheid en winsgewendheid.

Facilities

Rypheidsindeksering- en monsterbereidingslaboratorium:

  • Outomatiese titreerder
  • Vrugtetekstuur-analisestelsel (FTA)
  • ​Kleurmeters

 

Koelopberging- en BA-fasiliteite:

  • 11 Koelopbergingseenhede toegerus met ten volle beheerde atmosfeer (BA)-vermoë

Laboratoria:

  • HPLC
  • Gaschromatograaf (GC)
  • Outo-analiseerder
  • Vriesdroër
  • -80°C en -40°C vrieskas
  • Spektrofotometer
  • Savant (Kondensor)
  • Sentrifuge
  • Mivac-kondensor
  • Retsch-meul