Kardio-Metaboliese navorsing

Dr Danzil Joseph
Kardio-Metaboliese navorsingsgroep
Dr Danzil Joseph is lid van die Sentrum vir Kardio-Metaboliese Navorsing in Afrika (CARMA). Sy missie is om innoverende hipoteses en metodes te gebruik om navorsingsdoelwitte te bereik. Sy navorsing is daarop gemik om 'n substantiewe bydra te maak tot die vakgebied van kardio-metaboliese siektes deur die impak van verskeie leefstyl en relevante komorbiditeitstoestande te assesseer, asook die fisiologiese, pathofisiologiese, molekulêre en metaboliese meganismes wat hierdie faktore aandryf, en die potensiaal vir intervensie. Die ontwikkeling van studente staan sentraal tot sy navorsingsfilosofie, met 'n klem 'n persoonlike en professionele groei.
Navorsingsfokus
Sy navorsingsfokus is leefstyl-verwante siektes, insluitend kardio-metaboliese siektes, diabetes en hoe dit verband hou met oordraagbare siektes en psigosiale spanning. Hierdie siektes is van die vernaamste oorsake van sterftes, gestremdheid, en morbiditeit in Suid-Afrika. Dr Joseph se navorsingsgroep ondersoek die impak van aansteeklike en kardio-metaboliese siektes met 'n fokus op 1) kardio-metaboliese faktore wat newe-effekte in SARS-CoV-2 infeksies dryf; en 2) die verband tussen HIV en kardio-metaboliese siektes. Hy werk saam met ander navorsers in die departement en CARMA om ook die verband tussen kardio-metaboliese siektes met psigosiale spanning en chemoterapeutiese toksisiteit te ondersoek.