Navorsing
Die Departement Fisiologiese Wetenskappe onderneem ondersoekende navorsing om die gesondheidsuitdagings waarmee Suid-Afrika te kampe het, beter te verstaan. Ons het verskeie navorsingsgroepe onder leiding van uitstekende hoofnavorsers wat 'n verskeidenheid siektetoestande en aspekte van regeneratiewe medisyne aanpak.
Die rasionaal is om 'n dieper begrip te verkry van die onderliggende meganismes wat die aanvang van patofisiologiese toestande dryf, met die uiteindelike doel om nuwe terapeutiese intervensies te ontwerp.
Ons laboratoriums is waarskynlik die beste toegeruste in ons veld binne die Suid-Afrikaanse konteks. Byvoorbeeld, binne ons departement huisves ons die Sentrale Analitiese Fasiliteit (SAF) Mikroskopie-eenheid wat die nuutste fluoresensiemikroskope bevat. Die dierehuisvestingsfasiliteit is ook binne ons gebied geleë en word suksesvol bestuur deur hoogs gekwalifiseerde personeel van ons departement. Ons huisves ook die DST/NRF Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel vir Integrerende Skeletspierfisiologie, Biologie en Biotegnologie.
Ons dinamiese visie beteken dat ons suksesvol samewerkingsprojekte met verskeie laboratoriums in Suid-Afrika en in die buiteland ontwikkel het. In die omgangstaal verseker hierdie omvattende strategiese benadering die generering van eersteklas navorsingsuitsette en die koestering en ontwikkeling van menslike hulpbronne (studente en personeel), waardeur ons nasionale en internasionale beeld binne die Fisiologie-dissipline verder versterk word.
Sien asseblief hieronder ons verskillende navorsingsgroepe, hoofnavorsers en skakels na meer inligting oor elke groep.