Skip to main content

Fasiliteite

Fisiologiese Wetenskappe is op die eerste verdieping van die Mike de Vries-gebou geleë. Ons het 'n verskeidenheid voorgraadse en nagraadse navorsingslaboratoriums.

Voorgraadse Laboratoriums

Lecture taking place in the Department of Physiological Sciences

BSc students in physiological sciences in an undergraduate training laboratory

Die Histologie Voorgraadse Onderriglaboratorium bied 'n interaktiewe leeromgewing waar studente praktiese ervaring opdoen met die gebruik van mikroskope om 'n wye reeks menslike weefselsnitte te verken. Deur praktiese betrokkenheid ontwikkel studente 'n dieper begrip van sellulêre organisasie en die strukturele kompleksiteit van die menslike liggaam.

Hierdie laboratoriums word hoofsaaklik gebruik vir die meerderheid van die voorgraadse praktiese opleiding. Die departement is een van die eerste fisiologie-departemente landwyd wat oorgeskakel het na 'n meer moderne gerekenariseerde fisiologie praktiese opleidingsprogram. Studente word blootgestel aan die nuutste tegnologie met interaktiewe programme om kritiese denke in fisiologie te stimuleer.

Dr Chantelle Venter

Senior Tegniese Beampte
021 808-3515

Hierdie laboratorium is een van die departement se hooflaboratoriums. Beide voorgraadse en nagraadse opleiding word hier gedoen. Ons het die nuutste apparaat tot ons beskikking waar studente opgelei word met nuwe tegnieke sowel as die ontwikkeling van nuwe analitiese tegnieke.

Veronique Human

Tegniese Beampte
021 808-3156

Die oefenlaboratorium word hoofsaaklik gebruik vir beide voorgraadse en nagraadse opleiding, maar ook vir eksterne atleetprestasietoetsing.

Nagraadse en Navorsingslaboratoriums

Lab techs

Microscopy Laboratory in the Department of Physiological Sciences

Hierdie laboratorium word gebruik vir nagraadse navorsing wat die gebruik van diere behels om sekere siektes te ondersoek.

Judy Farao

Diere-eenheid Assistent
021 808-3631

Ons departement se navorsing fokus hoofsaaklik op hierdie laboratorium. Die laboratorium het vier laminêre vloei-kappe met verskillende tipes inkubators vir die kweek en analise van selkultuurmonsters.

Atarah Rass

Tegniese Beampte
021 808-4744

Verskeie gevorderde toerusting word hier gehuisves. Die eenheid is gebaseer in die US se Sentrale Analitiese Fasiliteite en is beskikbaar vir verskillende departemente en tersiêre instellings.

Klik hier vir meer inligting.

Hierdie laboratorium word hoofsaaklik vir nagraadse opleiding gebruik. Hierdie afdeling spesialiseer in selkultuur en weefselvoorbereiding en -kleuring vir mikroskopie-analise.

Dr Chantelle Venter

Senior Tegniese Beampte
021 808-3515

Hierdie laboratorium word hoofsaaklik gebruik vir nagraadse navorsing oor verskillende bloedfraksies en hoe dit deur verskillende siektes beïnvloed word.

Dr Chantelle Venter

Senior Tegniese Beampte
021 808-3515

Hierdie laboratorium word gebruik vir nagraadse navorsing en opleiding. Dit huisves ons Zeiss Axio Observer 7 fluoreserende mikroskoop.

Dr Chantelle Venter

Senior Tegniese Beampte
021 808-3515