Fasiliteite
Fisiologiese Wetenskappe is op die eerste verdieping van die Mike de Vries-gebou geleë. Ons het 'n verskeidenheid voorgraadse en nagraadse laboratoriums.
Molekulêre Fisiologie Laboratorium
Hierdie laboratorium is een van die departement se hooflaboratoriums. Beide voorgraadse en nagraadse opleiding word hier gedoen. Ons het die nuutste apparaat tot ons beskikking waar studente opgelei word met nuwe tegnieke, asook die ontwikkeling van nuwe analitiese tegnieke.
Histologie Laboratorium
Hierdie laboratorium word hoofsaaklik gebruik vir nagraadse opleiding. Hierdie afdeling spesialiseer in selkultuur- en weefselvoorbereiding en kleuring vir mikroskopie-analise.
Mikroskopie Laboratorium
Hierdie laboratorium word gebruik vir nagraadse navorsing en opleiding. Dit huisves ons Zeiss Axio Observer 7 fluoreserende mikroskoop.
Menslike Oefening Laboratorium
Die oefenlaboratorium word hoofsaaklik gebruik vir beide voorgraadse en nagraadse opleiding, maar ook vir eksterne atleetprestasietoetsing.
Sellulêre Fisiologie Laboratorium
Ons departement se navorsing fokus hoofsaaklik op hierdie laboratorium. Die laboratorium het vier laminêre vloei-kappe met verskillende tipes inkubators vir die kweek en analise van selkultuurmonsters.
Hematologie Laboratorium
Hierdie laboratorium word hoofsaaklik gebruik vir nagraadse navorsing oor verskillende bloedfraksies en hoe dit deur verskillende siektes beïnvloed word.
Fluoresserende Mikroskopie-eenheid (Sentrale Analitiese Fasiliteite)
Verskeie gevorderde toerusting word hier gehuisves. Die eenheid word deur verskillende departemente en ook omliggende tersiêre instellings gebruik.
Biopac Voorgraadse Laboratoriums
Hierdie laboratoriums word hoofsaaklik gebruik vir die meerderheid voorgraadse praktiese opleiding. Die departement is een van die eerste fisiologie-departemente landwyd wat oorgeskakel het na 'n meer moderne gerekenariseerde fisiologie praktiese opleidingsprogram. Studente word blootgestel aan die nuutste tegnologie met interaktiewe programme om kritiese denke in fisiologie te stimuleer.
Dierfisiologie Laboratorium
Hierdie laboratorium word gebruik vir nagraadse navorsing wat die gebruik van diere behels om sekere siektes te ondersoek.