Kantoor vir Gesondheidsnavorsingsetiek
Navorsings- en Internasionaliserings-
Ontwikkeling en -Steun (NIOS)
Oor die Kantoor vir Gesondheidsnavorsingsetiek
Die hoofdoel van die Kantoor vir Gesondheidsnavorsingsetiek is om navorsers van die Universiteit Stellenbosch te ondersteun ter nakoming van die vereistes rakende die beskerming van die veiligheid, regte en welstand van mensedeelnemers aan gesondheidsnavorsing.
Die funksies van hierdie kantoor sluit in administrasie van die Universiteit Stellenbosch se twee gesondheidsnavorsingsetiekkomitees, algemene leiding in die voldoening aan plaaslike en internasionale gesondheidsnavorsingsetiekvereistes, en die bou van institusionele gesondheidsnavorsingsetiekkapasiteit.
| Gesondheidsnavorsingsetiekkomitees (GNEK’s) - Etiekbeoordeling | |||||
Ons kantoor bestuur die stelsels, administrasie en werksaamhede van gesondheidsnavorsingsetiekbeoordeling. Alle gesondheidsnavorsing moet, ingevolge die Gesondheidswet, Wet 61 van 2003, deur ʼn geakkrediteerde navorsingsetiekkomitee goedgekeur word voordat daar met navorsingaktiwiteite begin word waarin interaksie met mensedeelnemers of die gebruik van potensieel identifiseerbare persoonlike rekords of inligting, weefselmonsters of stamstelle in die vooruitsig gestel word. Die Universiteit Stellenbosch het twee gesondheidsnavorsingsetiekkomitees. Die samestelling en funksies van hierdie komitees moet voldoen aan standaarde wat deur die Departement van Gesondheid se Etiek in gesondheidsnavorsing: Beginsels, strukture en prosesse, 2015, neergelê is, asook aan vereistes gespesifiseer in die Amerikaanse Federalwide Assurance. Die doel van die komitees is om so ver redelik moontlik aan hierdie vereistes te voldoen. | |||||
Belangrike Aankondigings
Klik hier vir belangrike GNEK Aankondigings
| Konsultasiediens | ||||||
| Ons streef daarna om ʼn diensvriendelike omgewing te skep waar navorsers toegang kan verkry tot steun en leiding vir alle etiek- en regulerende aspekte van gesondheidsnavorsing. Kontak ons kantoor om ʼn afspraak met ʼn konsultant te maak, waartydens jy persoonlike leiding sal kry om te verseker jou navorsingsprotokol voldoen aan plaaslike en internasionale etiekstandaarde. | ||||||
|
| Gesondheidsnavorsingsetiekkapasiteit | ||||||
Ons kantoor ontwikkel en neem deel aan sekere ontwikkelings- en opleidingsprogramme in gesondheidsnavorsingsetiekkapasiteit by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe en op die hoofkampus. Wees op die uitkyk vir ons gesondheidsnavorsingsetieksessies in die volgende werkswinkels en Fakulteitsillabusse:
| ||||||
|
Notice: RIDS Working Remotely due to FMHS Waterpipe Repair work
15 June 2026
RIDS offices, 5th floor, Education Building will be closed from 12 June – 17 August 2026
Health Research Ethics Office
Please email [email protected] for all ethics related queries or email/contact the respective ethics staff member
Note: Hard copies of clinical trial submissions may be delivered to Room 3034, 3rd Floor, Clinical Building, with effect from 6 July 2026
Research Capacity and Funding Office
Please email/contact Mr Tashwell De Wet [email protected] for all research funding queries
Please email/contact Ms Esther Rodrigues [email protected] for all research capacity development queries
Undergraduate Research Unit
Please email/contact Ms Inge Sonn [email protected] or Ms Lauren Hendricks [email protected] for all undergraduate research related queries
During this time all staff are available for calls via MS Teams
For all general RIDS queries please email Ms Lauren Hendricks [email protected]