8343 resultate gevind
Your search returned more than 500 results. Please try to refine your search or make use of one of the filters.
Maties wil studentehonger met reuse insameling beëindig
R10 miljoen in 100 dae om volhoubare voedselbanke op die Stellenbosch- en Tygerberg-kampusse te skep om te verseker dat geen Matie vir die volgende drie jaar op ʼn leë maag moet studeer nie. Dít is die ambisieuse doelwit van die Universiteit...
Diversiteit skep 'n dinamiese werkplek
Hoewel geslagsgelykheid al eeue lank bespreek word, bly dit 'n omstrede onderwerp. Twee vooraanstaande navorsers op die gebied, Ronald Burke en Susan Vinnicombe, reken gender het 'n “sakekwessie" eerder as net 'n “vrouekwessie" geword. In...
Monteverdi in die Endler
Die unieke aard van die onlangse rare “rooi maan"-verduistering is miskien 'n toepaslike beeld vir die unieke musikale gebeurtenis in die Endlersaal op 1 en 2 September. Dit is 'n geleentheid wat toegewyde plaaslike musiekliefhebbers nie...
Hoofdirekteur: Terugblik oor vier jaar by Maties Sport
In Augustus – Vrouemaand – het Maties Sport se hoofdirekteur, Ilhaam Groenewald, haar vierde jaar by die Universiteit Stellenbosch (US) gevier. Haar kontrak se hernuwingdatum is in 2019, en sy sal baie graag haar werk hier wil voortsit en...
Die SOL verwelkom ʼn nuwe direkteur: Dr Melanie Skead
Melanie Skead is onlangs as direkteur van die Sentrum vir Onderrig en Leer aangestel. Sy was voorheen verbonde aan Rhodes Universiteit, waar sy as senior dosent in die Sentrum vir Hoëronderwysnavorsing, -onderrig en -leer gewerk het...
Passie is fundamenteel tot die bou van 'n loopbaan wat jy geniet… en geluk ook
“Ek dink nie studente, of selfs meer ervare professionele persone en volwassenes, besef aldag nie dat die goue draad wat deur enige loopbaan loop 'n passie is vir wat jy doen. Vir my is dit fundamenteel dat jy passievol moet wees oor dít...
Kinders met veelvoudige middelweerstandige TB kan behandel word
Die uitslae van ʼn groot, internasionale sistematiese oorsig wat in die joernaal PLOS Medicine verskyn het, toon dat kinders met veelvoudige middelweerstandige TB (MDR-TB) suksesvol behandel kan word. Die studie is gebruik om die...
Wiskunde-studente vaar goed by IMC 2018
'n Groep Wiskunde-studente van die Universiteit Stellenbosch het deelgeneem aan die 25ste jaarlikse Internasionale Wiskunde-kompetisie vir universiteitstudente wat van 22 tot 28 Julie 2018 in Blagoevgrad, Bulgarye, plaasgevind het. Meer as...
Suid-Afrika dalk uiteindelik op pad na oplossings vir seksuele geweld
Die aanvang van Vrouemaand (Augustus) in Suid-Afrika vanjaar was verfrissend anders as ander jare. Die #TheTotalShutdown-vroueoptogte het die land die jaarlikse afgesaagde toesprake oor vrouebemagtiging deur politici gespaar. Die optogte...
Ko-kurrikulum gee studente ’n groot voorsprong
In ooreenstemming met die Universiteit Stellenbosch (US) se voorneme om denkleiers vir die toekoms te kweek en ná 'n transkripsie-akkreditasieproses deur die Ko-kurrikulumkantoor, ontvang studenteleiers en vrywilligers nou een transkripsie...