
Streeksnavorsingskonferensie vir Opvoedkunde-studente: "Shared Spaces; Contesting Voices"
Die 2016-veldtog vir die Streeksnavorsingskonferensie vir Opvoedkunde-studente is onlangs bekendgestel. Die tema is: "Shared Spaces; Contesting Voices".
Die konferensie word deur studente, vir studente gereël. Nagraadse studente van die vier universiteite in die Wes-Kaap (UK, US, UWK en KPUT) kom byeen om hul navorsing of finale navorsingsbevindings met hul eweknieë, akademici en ander mense in onderwyskringe te deel.
Hierdie jaar se konferensie sal by die Universiteit van Kaapstad aangebied word en vind van 2-3 September plaas. Die registrasiefooi is R100. Registreer aanlyn by www.esrrc.co.za.
Twee werkswinkels sal vooraf aangebied word om nagraadse studente te help om hul aanbiedings vir die konferensie voor te berei. Die eerste een op 25 Junie sal studente help om opsommings (abstracts) vir hulle indiening te skryf, en die tweede een (13 Augustus) sal fokus op aanbiedingsvaardighede. Bywoning is gratis. Doen aanlyn aansoek by www.esrrc.co.za.
Nagraadse studente wat belangstel in opvoedkunde is welkom om voorstelle wat spreek tot die konferensietema in te dien. Sperdatum is 13 Julie. Dien dit in by www.esrrc.co.za.