
#Researchforimpact: Hoë suikerinname tydens swangerskap en vroeë kinderjare kan die breinstruktuur permanent beïnvloed
03 September 2020
Dit is moeilik om te dink dat suiker 'n paar honderd jaar gelede feitlik onbekend was. Die afgelope vier dekades was daar 'n toename in suikerverbruik van 127% per capita, ondanks die feit dat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) 'n totale dieëtinname van hoogstens vyf teelepels per dag aanbeveel.
As 'n samelewing het ons aan suiker verslaaf geraak; dit word van kleins af by ons dieet ingebed. Selfs tydens swangerskap, as moeders verkeerdelik aangemoedig word om vir twee te eet, is "swangerskap-drange" dikwels na suikergoed. As gevolg van versteekte suiker in verskillende voedselsoorte, is jong kinders dikwels per ongeluk die slagoffer van hoë suikerverbruik.