Voornemende Nagraadse Studente
Vir meer inligting oor die programme, raadpleeg asseblief die Siviele Ingenieurswese Nagraadse Riglyne hierbo beskikbaar.
Die departement bied die volle reeks nagraadse programme aan, naamlik:
- Meestersgraad in Ingenieurswese (Gestruktureerd) wat lei tot die MEng (Gestruktureerd)-graad (Uitgesluit Water- en Konstruksie-ingenieurswese en -bestuur)
- Meestersgraad in Ingenieurswese (Navorsing) – wat lei tot die MEng (Navorsing)-graad
- Doktor in die Filosofie (Ingenieurswese) – wat lei tot die PhD-graad
- Doktor in Ingenieurswese – wat lei tot die DEng-graad
Terwyl die meeste van ons nagraadse studente direk voortgaan met ons voorgraadse program, spog die departement met 'n goeie aantal studente van ander Suid-Afrikaanse universiteite sowel as internasionale studente.
In die Departement Siviele Ingenieurswese is ons navorsing gebaseer op vier navorsingsgebiede.
Vind meer uit oor huidige beskikbare navorsingsonderwerpe sowel as die navorsers by die skakels hieronder.
- Konstruksie- en Ingenieursbestuur
- Water- en Omgewingsingenieurswese
- Strukturele Ingenieurswese en Siviele Informatika
- Geotegniese en Vervoeringenieurswese
Vir meer inligting oor die toelatingsvereistes, raadpleeg asseblief die Siviele Ingenieurswese Nagraadse Riglyne hierbo beskikbaar.
Alle nagraadse aansoekers moet aanlyn aansoek doen op die SUNStudent aansoekersportaal. Die Siviele Ingenieurswese Nagraadse Aansoekvorm (CIVPG01), hierbo beskikbaar, moet op jou SUNStudent aansoek opgelaai word.
Verdere inligting oor die aanlyn aansoekproses kan hier gevind word.
DOEN AANSOEK op SUNStudent
Spesiale Studente
Studente wat by 'n ander universiteit geregistreer is en 'n nagraadse kursus aan die Universiteit Stellenbosch wil bywoon, word spesiale studente genoem.
Om aansoek te doen en vir koste-navrae, kontak asseblief mev. Janine Myburgh in ons Siviele Kursusse Afdeling (E-pos: [email protected]).
Onderriggelde vir Suid-Afrikaanse studente:
Sien Afdeling 12.4 in die Nagraadse Riglyne vir Siviele Ingenieurswese.
Onderriggelde vir buitelandse studente:
Kontak asseblief [email protected] by die Internasionale kantoor vir inligting rakende fooie.