“Met ’n nalatenskap van meer as ’n eeu is ons trots op ons navorsingsimpak en die prestasies van ons gegradueerdes wêreldwyd.”
Ons Programme
BCom in Bestuurswetenskappe
Bied ’n stewige grondslag in besigheidsbestuur met ses moontlike spesialisasierigtings: entrepreneurskap, finansiële bestuur, finansiële beplanning, beleggingsbestuur, bemarkingsbestuur en internasionale besigheid.
Nagraadse programme
BComHons in Ondernemingsbestuur
’n Eenjaarprogram op voltydse basis wat spesialisasie in strategie, bemarking, finansiële bestuur of finansiële analise moontlik maak. Ontwikkel jou kundigheid en verbeter jou loopbaanvooruitsigte.
Meesters- en Doktorsgrade
Navorsingsgedrewe programme wat jou in staat stel om ’n dieper begrip van ondernemingsbestuur te ontwikkel en nuwe insigte tot die veld by te dra.
Nagraadse Diploma in Bemarking
Hierdie eenjarige diploma verbeter jou praktiese én teoretiese begrip van bemarking in ’n mededingende sakewêreld.