Breadcrumb
Meesters en PhD
Navorsing is 'n kernfokus van die Departement Ondernemingsbestuur se visie en as sodanig vorm beide die Meesters en Doktorale programme 'n belangrike deel van die Departement se programaanbod.
Beide programme word slegs op ‘n deeltydse basis aangebied en behels die skryf van ‘n wetenskaplike verhandeling (Meesters graad) of proefskrif (PhD). Geen ‘course work’ vorm deel van enige van die twee programme nie.
Die brosjure van die skets die prosedures ten opsigte van aansoeke, toelatingsvereistes, studenteleiding en evaluering van beide Meesters en Doktorale programme
Die kalender van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe bevat verdere gedetailleerde inligting.
Annali Maass by +27 (0)21 808 3415 of [email protected] kan gekontak word vir navrae. In die geval van PhD-navrae, kontak Annali Maass, wat 'n afspraak met die hoof van die Departement, prof Gert Human, sal maak.
Snelskakles