Skip to main content
Dr Heide Hackman
Image by: This is the third global report by the Expert Group on Climate and SDG Synergy, co-convened by the UN Department of Economic and Social Affairs (UNDESA) and the UNFCCC Secretariat.
Nuus Kunste, tale en sosiale wetenskappe Bewaring en bosbou Institusionele nuus Regte, oorsigbestuur en menseregte Natuur- en wiskundige wetenskappe Wingerd- en wynkunde

UN Expert Panel co-chaired by Crest, Dr Heide Hackmann releases latest report on Climate and SDG’s synergies

Asanda Alex Plaatjies and Dr Heide Hackman
writing and responding to questions
13 Oktober 2025
  • Dit is die derde wêreldwye verslag deur die Expert Group on Climate and SDG Sinergy, saam byeengeroep deur die VN se departement van ekonomiese en sosiale sake (UNDESA) en die UNFCCC-sekretariaat.

1. Waaroor handel die verslag?

 Dit is die derde globale verslag deur die groep kenners van klimaat- en volhoubare ontwikkelingsdoelwitte-sinergie (VOD-), wat deur die VN se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake (UNDESA) en die sekretariaat van die Verenigde Nasies se raamwerkkonvensie vir klimaatsverandering (UNFCCC) saamgeroep is.

 Die globale verslae oor klimaat- en VOD-sinergieë van 2023 en 2024 het reeds die nastreef van sinergistiese optrede tussen klimaatsoptrede en volhoubare ontwikkeling geregverdig: die verslae het sinergieë omskryf, verduidelik waarom dit gewens is, die voordele daarvan met konkrete voorbeelde gedemonstreer, en leiding gebied oor wat sinergistiese optrede in die praktyk verg. Hierdie bydraes was deurslaggewend vir die vorming van globale aandag aan en denke oor sinergieë en oor die belangrikheid van slim, heel-regeringsbenaderings tot die bevordering van beide volhoubare ontwikkeling en klimaatsagendas op een slag.

Terselfdertyd bly hierdie werk ietwat abstrak, en staan dit in wese sinergistiese optrede op die vlak van konsepte en beginsels voor. Wat ontbreek, is ʼn konkrete poging om syfers aan sinergieë te koppel; met ander woorde, om die voordele van sinergistiese optrede te kwantifiseer. Die doel daarvan sou, eenvoudig gestel, wees om debat te stimuleer en konkrete optrede aan te spoor. Dit is die hoofdoel van hierdie derde globale verslag oor klimaat- en VOD-sinergieë (Third Global Report on Climate and SDGs Synergies).

2.      Wat het jou betrokkenheid by hierdie verslag behels?

 Ek is die medevoorsitter van die groep kenners van klimaat- en VOD-sinergie (Expert Group on Climate and SDG Synergy) wat deur die VN aangestel is.

3.      Van watter waarde is hierdie verslag vir ons in die ontwikkelende lande?

 Vir ontwikkelende lande bied die verslag deurslaggewende bewyse dat sinergistiese optrede ten opsigte van klimaat en ontwikkeling nie slegs meer kostedoeltreffend is nie, maar ook beter met hulle dringende maatskaplike en ekonomiese prioriteite strook. Deur aan te toon hoe gekoördineerde beleggings oorhoofse bestedingsbehoeftes kan verminder, medevoordele soos verbeterde gesondheid, voedselsekerheid en werkskepping kan ontsluit, en veerkragtigheid ten opsigte van klimaatskokke kan versterk, bied die verslag ʼn kragtige beweegrede vir die aanvaarding van sinergistiese strategieë.

 4.      Watter lesse of insigte kan ons uit die verslag leer?

 Hier is enkele belangrike lesse/insigte:

  • Stelseldenke en interdissiplinariteit – Klimaat en ontwikkelingsuitdagings is onderling verbonde; navorsing moet dus regoor sektore en dissiplines heen sny.
  • Konteksgebondenheid – Sinergieë verskil oor lande en streke heen, wat die belangrikheid van vergelykende en plaaslik-gegronde studies beklemtoon.
  • Maatstawwe, data en modellering – Die ontwikkeling van robuuste hulpmiddels om beide ekonomiese en nie-ekonomiese voordele vas te lê, staan sentraal tot die vooruitgang van sinergistiese benaderings.
  • Oorbrugging van gaping tussen wetenskap en praktyk – Akademiese navorsing kan regeringspraktyk, beleidsamehang en finansieringstrategieë direk onderlê, wat verseker dat kennis na optrede oorgedra word.

5.      Wat is die implikasie vir klimaatsverandering en die ontwikkelingskrisis?

 Die nastreef van sinergistiese optrede is deur die Sekretaris-Generaal van die VN uitgewys as ʼn 'koersregstelling' in ons trajek vir die bereiking van die doelwitte van beide die Klimaatsooreenkoms van Parys en Agenda 2030. Daar word algemeen erken dat ons nie op die regte spoor met die bereiking van hierdie doelwitte is nie en dat dringende koersregstellings nodig is.

 6.      Wat beteken dit vir die Sentrum vir Navorsing oor Evaluasie, Wetenskap en Tegnologie (SENWET of CREST) en hulle verbintenis tot die ondernemings van die verslag?

 SENWET is nie direk betrokke nie. Ek doen hierdie werk in my persoonlike hoedanigheid en verteenwoordig die Universiteit as geheel.

 7.      Wat kan studente uit hierdie verslag leer?

  • Stelseldenke – Klimaatsoptrede en volhoubare ontwikkeling is nie aparte agendas nie; deur dit gesamentlik aan te pak, vermenigvuldig dit die impak. Dit beklemtoon die belangrikheid daarvan om stelseldenke te verstaan en toe te pas.
  • Globale na plaaslike verbintenis – Verstaan hoe internasionale agendas (Ooreenkoms van Parys, VOD's) met plaaslike ontwikkelingsprioriteite skakel.
  • Agentskap en innovasie – Die behoefte aan nuwe idees, interdissiplinêre medewerking en innoverende oplossings wat put uit geïntegreerde kennis uit alle dissiplines en van regoor die wêreld.

Die Third Global Report on Climate and SDGs Synergies (2025) kan nou hier deur die publiek gelees word.

 

Harnessing Climate and SDGs Synergies | Department of Economic and Social Affairs

 

Verwante stories