Gereelde Vrae
Hier is 'n paar van die vrae wat ons gereeld van voornemende studente kry:
- Watter tale bied julle aan?
- Kan 'n absolute beginner 'n vreemde taal studeer?
- Is daar enige modules vir studente met 'n agtergrond in 'n vreemde taal?
- Hoe is die klasse?
- In watter graadprogramme kan ek 'n module in 'n vreemde taal neem?
- Is it dit moontlik om meer as een vreemde taal te studeer?
- Wat kan ek doen met 'n vreemde taal?
- Hoe lank neem dit om vlot te raak?
- Is daar enige deeltydse kursusse?
- Is daar geleentheide om oorsee te gaan?
- Wie kan ek kontak vir meer inligting?
Die Departement Moderne Vreemde Tale bied Chinees, Frans, Duits en Spaans aan.
Ja, die 178 modules (Chinees 178, Frans 178, Duits 178, Spaans 178) is vir absolute beginners – jy hoef nie die taal te ken om te begin leer nie.
Vir Duitssprekende studente en studente met Duits in Graad 12 (of gelykwaardige kwalifikasie) bied ons Duits 188 aan.
Vir studente met Frans in Graad 12 (of gelykwaardige kwalifikasie) bied ons Frans 188 aan. Moedertaalsprekers en studente met 'n Franssprekende agtergrond, kan nie 'n voorgraadse module in Frans neem nie.
Kontak die departement indien jy nie seker is of jy 'n 188-module behoort te neem nie.
Al ons 178 modules is vinnige, hoë-intensiteit taalaanleerkursusse wat 'n hoë vlak van motivering sowel as konsekwente, aktiewe klasdeelname vereis. Ons probeer om ons klasse klein en interaktief te hou. Ons doen allerhande verskillende dinge wat aktiwiteite soos letterkunde lees, films kyk en sing insluit.
Ons meer gevorderde modules kombineer taal, literatuurstudies, mediastudies en kommunikasie.
Daar is twee graadkursusse waar die studie van 'n vreemde taal verpligtend is: BA Internasionale Studies (2 jaar van 'n vreemde taal) en BCom Internasionale Besigheid (1 jaar van 'n vreemde taal).
BA Taal & Kultuur en BA Geesteswetenskappe laat jou toe om verskeie tale te studeer.
Verskeie ander grade laat jou toe om 'n module in ‘n vreemde taal te neem, soos Drama & Teaterstudies, BA Regsgeleerdheid, BA Musiek, BMus en 'n paar ander. Hier kan jy die jaarboeke van al die Fakulteite vind.
As jy 'n vreemde taal as 'n addisionele module wil neem, benodig jy toestemming van jou graadprogramkoördineerder en ons rooster moet inpas by joune. Kontak ons as jy nie seker is nie.
- As jy verskeie tale wil kombineer, bied BA Taal en Kultuur jou die grootste aantal taalmodules. Chinees, Frans en Duits bied modules in BA Taal en Kultuur aan.
- Vir 'n hoofvak in 'n vreemde taal (een of meer vreemdetaalhoofvakke) kan jy BA Taal en Kultuur of BA Geesteswetenskappe kies.
- MAAR Spaans word tans slegs in BA Geesteswetenskappe en BA Internasionale Studies aangebied, indien jy Spaans sou wou leer.
- Tans word Spaans slegs op eerste- en tweedejaarsvlak aangebied, dus kan jy nie Spaans as hoofvak neem nie.
- Spaans 178 en Frans 178 is uitsluitingsmodules (jy kan nie uitsluitingsmodules saam neem nie).
Elke bykomende taal wat jy ken, het die potensiaal om deure oop te maak en jou te laat uitstaan.
Om 'n vreemde taal te kan gebruik, is 'n vaardigheid op sigself en ons kursusse is vaardigheidsgerig sodat studente die taal in 'n verskeidenheid loopbane kan gebruik.
Van die loopbane wat vorige studente volg, sluit in: onderwys, joernalistiek, toerisme, gasvryheid, uitgewerswese, skryfwerk, vertaling, tolking, aanlyn onderrig, leerontwerp, bemarking, kliëntediens, klasgee by universiteite, diplomasie en vele meer.
Die antwoord verskil geweldig van persoon tot persoon. Ons oriënteer onsself volgens internasionale raamwerke soos die Gemeenskaplike Europese Verwysingsraamwerk vir Tale (CERF). Ons gebruik hierdie raamwerke en ander uiteensettings om jou verby tallose klein mylpale op jou pad na vlotheid te begelei.
Na jou eerste paar weke behoort jy reeds te kan groet en jouself voor te stel. In jou derde jaar doen jy reeds aanbiedinge in die taal!
Ons het deeltydse aandklasse vir beginners elke semester, afhangende van die aanvraag deur studente en die beskikbaarheid van leerkragte.
Daar is geleenthede om geleenthede soos winter-/somerskole in die buiteland by te woon, studente kan aansoek doen deur die universiteit se internasionale kantoor (SU International). Daar is ook uitruilgeleenthede en beurse wat moontlik gemaak word deur internasionale organisasies, soos die DAAD (Duitse Akademiese Uitruildiens).
Indien jy spesifieke vrae het, is daar 'n kontakpersoon vir elke taal. Party van ons kan ook Afrikaans praat:
- CHINEES 178 - Kantoor 535
Dr. Bo Lyu [email protected]
- FRANS 178 / 188 – Kantoor 540
Mnr. Jaco du Plooy (Praat ook Afrikaans) [email protected]
- DUITS 178 / 188 – Kantoor 558
Dr. Doret Jordaan (Praat ook Afrikaans) [email protected]
- SPAANS 178 – Kantoor 556
Me. Beatriz Villacañas Claver [email protected]