Skip to main content

Hoe om aansoek te doen vir nagraadse studies

Ten einde vir nagraadse studies by die Departement Tuinbouwetenskap oorweeg te word, sal jy eers amptelik by die Universiteit Stellenbosch aansoek moet doen.

Dit kan direk aanlyn gedoen word deur hierdie skakel te volg: https://www.su.ac.za/en/apply/pg-studies

(Neem asseblief spesiaal kennis - selfs al voltooi jy die registrasie aanlyn, sal jy steeds die laaste bladsy fisies moet faks of pos na die universiteit, wat deur jou onderteken moet wees.)

 

Let asseblief ook daarop dat die Universiteit ook die volgende stawende dokumente moet ontvang om jou aansoek te voltooi:

  • Graadsertifikaat/-sertifikate
  • Akademiese Rekord(s)
  • Ooreenkomsformulier deur aansoeker onderteken
  • Bewys van betaling van aansoekfooi (indien jy nie 'n Suid-Afrikaanse burger is nie, is jy vrygestel van hierdie betaling)

 

Jy kan dit óf e-pos na [email protected] óf faks na 021 808 3822.

 

LB!!! Hierbenewens moet jy asseblief 'n motiveringsbrief skryf en oplaai wat die volgende inligting bevat:

  1. Waarom jy 'n nagraadse graad wil doen.
  2. Jou navorsingservaring (as jy enige het).
  3. Jou navorsingsbelangstelling. Indien moontlik, bespreek of jy voor-oes of na-oes navorsingsaspekte verkies en dui moontlik aan watter gewastipe jou die meeste interesseer uit die volgende keuses: sagtevrugte, sitrus of snyblomme. Dui asseblief ook aan as jy geen spesifikke voorkeur het nie.

Indien jy probleme ondervind met die aanlyn registrasie, kan jy [email protected] kontak, wat jou sal kan help met enige vrae wat jy oor die aanlyn registrasie het.

'n Alternatiewe roete is om 'n harde kopie van die aansoekvorm aan te vra, en die voltooide aansoek terug te pos na die Universiteit. Aansoekvorms kan verkry word by:

Tel: +27(0)21 808 9111 
E-pos: [email protected] 
Pos: Toelatings, 
Privaatsak X1, 
Matieland, 
7602

Ons sien daarna uit om jou aansoek te ontvang.

```