Breadcrumb
Nagraadse Programme in Tuinbou
BScHons in Toegepaste Plantfisiologie
Die voorgestelde program beoog om studente met 'n toepaslike driejarige Baccalaureus Scientiae-graad van 'n nasionale of internasionale instelling, met 'n belangstelling in nagraadse studies in Tuinbou, te akkommodeer. Studente in besit van 'n toepaslike BSc-graad, met Plantkunde of Biochemie of Genetika of Plantbiotegnologie as hoofvakke en met 'n gemiddelde prestasiepunt van 60% in hierdie hoofvakke, sal vir toelating oorweeg word. Die Honneurs-program in Toegepaste Plantfisiologie is ontwerp om die student se kennis en vaardighede in die dissipline van Tuinbouwetenskappe te versterk, met die klem op plantfisiologiese, biochemiese en molekulêre meganismes, wat relevant is tot produksie- en kwaliteitstelsels binne tuinbougewasse. Studente sal toegerus word in navorsingsmetodologie, terwyl skryf- en voordragvaardighede ook ontwikkel sal word. Hierdie vaardighede sal hulle in staat stel om aansoek te doen vir verdere nagraadse studies wat in Tuinbou (MScAgric) aangebied word.
As deel van die BScHons word daar van die student verwag om verskeie modules suksesvol te voltooi. Sien Jaarboek
MScAgric (Tuinbou)
Hierdie program bestaan uit 'n tweejarige navorsingsgebaseerde MScAgric-graad. Navorsing oor 'n goedgekeurde onderwerp soos deur die departement besluit. 'n MSc-tesis wat oorspronklike navorsing bevat, word vereis. By die voltooiing van die studie moet 'n aanvaarbare tesis ingedien word en 'n mondelinge eksamen sal afgeneem word.
Toelatingsvereistes:
- 'n 4-jarige BScAgric-graad in Tuinbouwetenskap met 'n minimum gemiddelde van 60% vir alle finalejaarvakke OF 'n Honneursgraad in Toegepaste Plantfisiologie met 'n minimum gemiddelde van 60%
PhD (Tuinbou)
Hierdie program fokus op navorsing in een van die verskillende spesialiseringsvelde van Tuinbouwetenskap en lei studente op om 'n vakspesialis in hierdie veld te word. 'n PhD-proefskrif, Tuinbouwetenskap 978, wat oorspronklike navorsing bevat, word vereis. Navorsing oor 'n goedgekeurde onderwerp soos deur die departement besluit. By die voltooiing van die studie moet 'n aanvaarbare proefskrif ingedien word. 'n Mondelinge eksamen sal afgeneem word.
Toelatingsvereistes:
- 'n MScAgric- of MSc-graad in Tuinbouwetenskap.
Raadpleeg asseblief die Fakulteit se Jaarboek vir meer gedetailleerde inligting oor die betrokke modules: Sien Jaarboek | Klik hier om aansoek te doen