AvOL-konferensie 2025: Ontmoet die lede van ons hoofredepanele
Kontakbesonderhede
Die Universiteit Stellenbosch (US) se Afdeling Leer- en Onderrigverryking sal op 3 en 4 November 2025 by die Protea Hotel Stellenbosch en die Konferensiesentrum in Technopark as gasheer optree vir die 18de jaarlikse Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) konferensie.
Die US bied die AvOL-konferensie aan as ʼn ruimte waar personeel hulle navorsing en besinning oor onderrig-leer-assesseringspraktyke (OLA-) ten toon kan stel en deel. Ons doen ʼn beroep op US-personeel om vir die 2025 konferensie te registreer.
Vanjaar se tema is “Taal en akademiese geletterdhede in onderrig-leer-assessering: Konsepte en praktyke”. Lees hier meer oor vanjaar se tema. Ons is opgewonde oor
Ons deel graag inligting oor die hoofredepanele vir vanjaar se konferensie! Klik hier om meer te lees oor ons paneellede.
Vanjaar se tema bied ʼn geleentheid om die komplekse verbande tussen OLA, wetenskaplike kommunikasie, akademiese geletterdhede, epistemologiese toegang en kurrikulum te verken. Die konferensie sal aan afgevaardigdes ʼn platform bied om hierdie elemente deur middel van paneelbesprekings, kleingroepinteraksies en aanbiedings te verken.
Besoek die AvOL-konferensiewebwerf vir meer inligting: https://www0.sun.ac.za/sotl/2025/af/
Klik hier om vir die konferensie te registreer.
Ons sien daarna uit om jou op 3 November 2025 by die konferensie te verwelkom!
Navrae: [email protected]