Geakkrediteerde Privaat Studentebehuising buite kampus
Dit is belangrik om kennis te neem van die riglyne vir geakkrediteerde privaat verblyf, wat die verantwoordelikhede van studente, die verhuurder en die Universiteit uiteensit. Maak asseblief seker dat u die riglyne wat hier beskikbaar is, deeglik deurlees.
BELANGRIKE INLIGTING VIR STUDENTE
- Dit is belangrik om so gou moontlik privaat verblyf te verseker.
- Voornemende studente wat vir universiteitskoshuise aansoek gedoen het, sal teen die einde van Oktober, en huidige studente teen die einde van Augustus van die betrokke aansoekjaar, in kennis gestel word of hulle suksesvol ’n plek in ’n koshuis bekom het.
- Neem asseblief kennis dat verblyf nie by u programaanbod ingesluit is nie. Dit is u verantwoordelikheid om geskikte verblyf te verseker voordat u op kampus arriveer.
- Dit is ook belangrik om befondsing of finansiële hulp te verseker voordat u privaat verblyf reël. Sonder bevestigde finansiële ondersteuning sal hulp met enige verblyf ongelukkig nie moontlik wees nie.
- Wees asseblief bedag op swendelary. Moenie enige betalings maak voordat u die woning besigtig het of bevestig het dat dit deur die Universiteit geakkrediteer is nie.
Stappe om privaat verblyf te verseker
- Verseker befondsing.
- Raadpleeg slegs die geakkrediteerde privaat verblyflys wat op hierdie bladsy beskikbaar is.
- Bepaal u begroting en voorkeur-ligging.
- Gaan die laaste twee kolomme van die lys na om huidige beskikbaarheid te bevestig.
- Kontak die verhuurder direk per telefoon of e-pos.
- Maak seker dat u die bepalings en voorwaardes van die huurooreenkoms ten volle verstaan.
- Onderteken die huurooreenkoms en, indien van toepassing, laai dit op die SUNStudent-stelsel op om te verseker dat u verblyftoelaag uitbetaal word.
Pendelsudentegemeenskappe
Nuttige verblyfwebwerwe
Kampuspendeldienste is beskikbaar
Krisisprotokol
Privaat Geakkrediteerde Verblyflys
Meer inligting oor finansiële ondersteuning
Vir meer inligting oor beurse en lenings, besoek asseblief: https://finaid.sun.ac.za/
BELANGRIKE INLIGTING VIR VERHUURDERS
Die kriteria vir akkreditasie word gepubliseer in die Riglyne van die Universiteit Stellenbosch vir akkreditasie van privaat studentebehuising buite kampus.
Akkreditasie word toegestaan op grond van die inligting wat in die aansoekvorm voorsien word. ‘n Besoek sal in die jaar aan die perseel sal gereël word.
Aansoek om akkreditasie
Om die SU Privaat Verblyf Akkreditasie-aansoek vir 2026 te voltooi, moet verhuurders en agente alle vereiste dokumentasie oplaai. Die aansoek vereis ook die indiening van foto’s en/of video’s van die volgende:
- Slaapkamers (insluitend meubels en toerusting per student)
- Kombuis- of kombuiskamerfasiliteite
- Badkamers
- Veiligheids- en sekuriteitsmaatreëls wat in plek is
Klik asseblief hier om die SU Behuising Akkreditasie-aansoek vir 2026 te voltooi.
Neem asseblief kennis van die volgende:
- Dit bly die verhuurder se verantwoordelikheid om te verseker dat die verblyf deurgaans aan die vereiste standaarde voldoen en die riglyne nakom.
- Dit bly die student se verantwoordelikheid om te verseker dat hulle die huurooreenkoms, die koste van verblyf en hul verpligtinge as huurder verstaan.
- Die huurooreenkoms word uitsluitlik tussen die student en die verhuurder aangegaan. Stellenbosch Universiteit is nie ’n party tot die ooreenkoms nie.
- Uiteindelik berus die keuse van geskikte privaat verblyf buite die kampus by die student.
Indien u meer inligting benodig:
Rig asseblief alle navrae aan [email protected].
Vrywaring: Die inhoud in hierdie bemarkingsmateriaal word slegs vir algemene inligtingsdoeleindes voorsien. US aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige foute, weglatings of onakkuraatheid van die inligting nie. US is nie 'n party tot die huurooreenkoms wat gesluit word tussen die student(e) en verhuurder(s) nie en sal gevolglik nie betrokke raak of aanspreeklikheid aanvaar vir enige kwessies of geskille wat voortspruit uit die werking van die huuroorenkoms, betaling van huur en/of dienslewering nie.