Skip to main content

Word ’n Matie-ouer

Datum: 25 Junie 2026 12:30 - 25 Junie 2026 14:00
Voeg by jou kalender: Google | Apple | Outlook
Gehoor:
Gebeurtenistipe:
Vergaderplek:
lokaal 1041 (ingang 1)

Kontakbesonderhede

Division of Student Recruitment

Elke universiteitsreis begin met ingeligte besluite, betekenisvolle ondersteuning en die regte gesprekke.

Die Afdeling Studentewerwing nooi alle personeellede wat ouers of voogde van voornemende Maties is om by ons aan te sluit vir ’n spesiale gesprek met kundiges wat gesinne in die oorgang na die universiteitslewe kan ondersteun.

 
Datum: Donderdag 25 Junie 
Tyd: 12:30 – 14:00
Plek: lokaal 1041 (ingang 1), Van Der Sterr Gebou
RSVP hier voor 24 Junie vir die in-persoon- en aanlyngeleentheid. 
 
Kom luister wat verteenwoordigers uit allerhande Universiteitsomgewings oor die volgende te vertel het:
- die US-aansoekproses;
- finansiële beplanning, koste en personeelkorting;
- verblyf en die studentelewe; en
- toegang tot studentewerwingshulpbronne.
Ons gee aan die einde van die sessie kans vir vrae.
 
Dit is ’n geleentheid om kontak te maak, vrae te stel en waardevolle insig te kry in die reis op pad na Matieland.
 
Ons sien daarna uit om julle te verwelkom.