Basiese toelatingsvereistes
Maak asseblief seker dat jy vertroud is met Universiteit Stellenbosch se Toelatingsbeleid en ons Aansoekvoorwaardes-en-bepalings vir nuwe aansoeke.
Om jou NSS te slaag in Gr. 12 moet jy 'n minimum van 7 vakke hê. Van hierdie vakke word die volgende vereis:
- Twee (2) Suid-Afrikaanse tale;
- Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid (1);
- Drie (3) 20-kredietvakke en;
- Lewensoriëntering.
Verder moet jy slaag met ten minste:
- 40% minimum vir jou Huistaal;
- 40% vir twee ander vakke;
- 30% vir twee ander vakke waarvan een 'n amptelike taal op eerste addisionele- of Huistaal-vlak is;
- 20% in jou finale vak.
*Lewensoriëntering word nie gebruik wanneer jou gemiddeld bereken word nie.
- 30% vir 'n Suid-Afrikaanse taal van leer en onderrig (Engels of Afrikaans), en
- 'n prestasievlak van 4 (50%-59%) in vier 20-kredietvakke.
Ons gebruik die hoogste punt in Suid-Afrikaanse taal van leer en onderrig (Afr/Eng) + (5 x beste resultate in 20-krediet vakke uitgesluit Lewensoriëntering, Gevorderde Wiskunde, Wiskunde 3 en enige ander nie-NSS-vakke). Hierdie totaal word dan gedeel deur 6.
- finale skooluitslae van International Curricula (Cambridge International, International Baccalaureate, ens.), insluitende School of Tomorrow
- klik hier vir die minimum vereistes vir internasionale kurrikulums. (Cambridge A-vlakke, AS-vlakke, GCSE / IGCSE / O-vlakke, IB-diploma, Amerikaanse skool en Abitur).
- Jy moet ook voldoen aan die program van jou keuse se spesifieke vereistes soos aangegee by die programbeskrywings onder die betrokke Fakulteit.
- 'n Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of Independent Examinations Board (IEB) skooleindsertifikaat soos gesertifiseer deur Umalusi vir toelating tot Baccalaureusgraadstudies.
- Fakulteitspesifieke vereistes: Klik hier om die minimum toelatingsvereistes vir 2026-inname af te laai