Skip to main content

Visie 2040 en Strategiese Raamwerk


Visie 2040 en Strategiese Raamwerk gee uiting aan ons langtermynvisie en sit ’n raamwerk uiteen as riglyn vir ons beplanning, posisionering en prioriteite om ’n voorste navorsingsintensiewe instelling te word. Saam met Strategieplan 2019-2024 (Fase 1) en Strategieplan 2026-2030 (Fase 2) verleen dit vorm aan die werk van alle fakulteite, verantwoordelikheidsentrums en steundienste.

Kontinuïteit en vordering

Die US het in 2025 sy verbintenis tot die visie, missie, waardes, kenmerke, instaatstellers en ses kern strategiese temas wat aanvanklik in 2019 aangeneem is, herbevestig. Dit het onveranderd gebly.

Strategieplan 2026-2030 

Drie opdaterings is vir die nuwe beplanningsiklus aangebring. Die datumverwysing “2019–2024” is uit die titel verwyder om die raamwerk se blywende relevansie te weerspieël. Dit word nou Visie 2040 en Strategiese Raamwerk genoem. Die volgorde van die ses kern strategiese temas is herrangskik om huidige prioriteite aan te dui, en die tematiese stellings is verfyn om nuwe institusionele doelwitte te beklemtoon. 

Meer oor die dokument hier onder

Die oorspronklike Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019–2024 word hier onder as ’n historiese rekord in die ongewysigde formaat aangebied. ’n Kontekstuele brief in hierdie brondokument gee ’n volledige verduideliking van die veranderinge.



SU’s core strategic themes

Core strategic themes