Skip to main content

Werkswinkels skakel US-waardes oor in aksie en dade

Datum: 05 Mei 2026 08:00 - 05 Mei 2026 16:30
Voeg by jou kalender: Google | Apple | Outlook
Gehoor:
Gebeurtenistipe:
Vergaderplek:
BMRI

Kontakbesonderhede

Jacolette Kloppers

WERKSWINKELS OOR US-WAARDES – EERSTE SEMESTER

Die waardes van die Universiteit Stellenbosch (US) hou verband met die oortuigings en houdings wat ons gedrag rig. Dit is maklik om te kan sê wat ons waardes is, maar om dit in ons daaglikse aktiwiteite in aksies te omskep, is meer ingewikkeld. Daarom moet die US se waardes – uitnemendheid, deernis, billikheid, respek en verantwoordbaarheid – geïntegreer wees met hoe ons optree, handel, by mekaar aansluiting vind, besluite neem, en etiese uitdagings hanteer.

Die Universiteit se Waardes in Aksie-werkswinkels is daarop gemik om personeel en studente toe te rus om waardegedrewe gedrag en leierskap te verpersoonlik. Hierdie werkswinkels is insiggewend, ervaringsgerig en prakties.

 

Temas en vaardighede

Die werkswinkel stel deelnemers in staat om ’n algemene begrip te kry van die soort universiteitsgemeenskap wat ons graag wil wees, en om vaardighede aan te leer om moontlike waardebotsings te bestuur.

Die volgende temas word bespreek:

  • Wat is die betekenis van waardes en waarom maak dit saak?
  • Hoe kan ons waardesbotsings hanteer en oplos?
  • Hoe om waardes te integreer in ons optrede en hoe ons by ander mense aansluiting vind.
  • Die integrasie van waardes deur leierskap en spanwerk.
     

Formaat

  • Die program word op of naby die Stellenbosch- en Tygerberg-kampusse as ’n voldag-werkswinkel bestaande uit vier werksessies aangebied.
  • Gegewe die persoonlike aard van die leerervaring, word die werkswinkel vir groepe van 10-20 deelnemers aangebied.
  • Met die inagneming van kostedoeltreffendheid, kan werkswinkels ongelukkig nie vir groepe van minder as tien aangebied word nie. Indien minder as tien mense vir ’n spesifieke datum registreer, sal hulle die geleentheid kry om ’n ander datum te kies.
     

Uitnodiging aan alle personeel

Personeel van al die kampusse en omgewings word hiermee hartlik uitgenooi om een van die werkswinkels by te woon. Geleentheid word geskep vir interaksie tussen uiteenlopende individue vanuit verskeie omgewings.

 

Datums vir die eerste semester (2026)

  • Maandag 4 Mei – BMRI-gebou, Tygerberg-kampus
  • Dinsdag 5 Mei – Biblioteek by STIAS, Stellenbosch-kampus
  • Maandag 11 Mei – BMRI-gebou, Tygerberg-kampus
  • Dinsdag 12 Mei – Biblioteek by STIAS, Stellenbosch-kampus
     

Koste

Die Afdeling Institusionele Strategie, Navorsing en Analitika dra die koste van die werkswinkels. Indien deelnemers ná die bevestigingsdatum kanselleer, sal die koste vir hulle rekening wees. Die getalle moet teen ’n sekere datum by die venue bevestig word, waarna die volle bedrag betaalbaar is. Kansellasies op kort kennisgewing is steeds aan ’n koste gekoppel.

 

RSVP

  • Bespreek asseblief teen minstens twee weke voor die werkswinkel.
  • Stuur asseblief ’n e-pos aan Jacolette Kloppers.
  • Werkswinkels duur van 08:00 tot 16:30. Middagete en verversings word verskaf. Meer besonderhede en reëlings word aan deelnemers gestuur.