US Visie en Strategie
IN DIENS VAN DIE SAMELEWING
Visie 2040 en Strategiese Raamwerk rig die US se strategie en dui aan waar en hoe die Universiteit geposisioneer is. Die kern van ons visie en missie, naamlik om in diens van die samelewing te wees, vorm dus die grondslag van alles wat ons doen.
Die US se strewes vir die verwesenliking van Visie 2040 is:
- ’n Onberispelike reputasie as ’n trotse Afrika-kennissentrum wat die vasteland deur middel van navorsing, innovasie en onderwys dien.
- ’n Getransformeerde en geïntegreerde akademiese gemeenskap wat kritiese denke vier, gesprek bevorder en tot demokrasie, menseregte en sosiale geregtigheid verbind is, met ’n uitwaartse, internasionale en toekomsgerigte fokus.
- ’n Allesomvattende impak op die sosiale, finansiële en omgewingswelstand van die dorp, streek, land en vasteland, met ’n globale reikwydte.
- ’n Sistemies volhoubare instelling in ekonomiese, sosiale en omgewingsverband, as ’n nasionale bate wat in die uiteenlopende behoeftes van ons gemeenskappe voorsien.
Navigeer Visie 2040 en Strategiese Raamwerk
Die US se visie en strategie, Visie 2040 en Strategiese Raamwerk, bestaan uit twee komponente:
- Visie 2040 is ’n samevatting van die US se visiestelling, missiestelling, waardes, kenmerke en instaatstellers, terwyl die Strategiese Raamwerk aandag skenk aan die ses kern- strategiese temas wat die US se bedrywighede en belangrikste belanghebbendes insluit.
- Hierdie komponente word ondersteun deur die US se Restitusiestelling (2018) en Kode 2040, die US se geïntegreerde etiekkode en gedragskode.
Strategiese Raamwerk
Brondokument: Visie 2040 en Strategiese Raamwerk
Visie 2040 en Strategiese Raamwerk verwoord die posisionering van die Universiteit Stellenbosch as ’n toonaangewende navorsingsintensiewe Suid-Afrikaanse universiteit in Afrika, met ’n globale reikwydte. Die oogmerk van hierdie strategiese raamwerk is om die US se toekomstige posisionering te rig, die US se strategie te bepaal, en te toon waar en hoe die Universiteit geposisioneer is. Die kern- strategiese temas bied ’n raamwerk vir verdere beplanning. Hierdie uitvoerige beplanning maak deel uit van die jaarlikse Institusionele Plan, wat die US se institusionele strategie, prioriteite en doelwitte integreer en doeltreffend koördineer. Die onderskeie omgewingsplanne van al die verantwoordelikheidsentrums, fakulteite en professionele administratiewe steundienste word met hierdie strategiese raamwerk en die Institusionele Plan belyn.
Hierdie dokument bevat die volledige strategiese raamwerk sowel as die benadering, prosesse, konteks en volledige reis wat tot die ontwikkeling van die Visie 2040 en Strategiese Raamwerk gelei het.
US Restitusiestelling
Die Universiteit Stellenbosch het ’n Restitusiestelling in die Universiteit se Eeufeesjaar (2018) aanvaar.
Sedert 2018, met die oog op die toekoms, streef die US daarna om ’n relevante universiteit te wees wat ’n sleutelrol sal speel in die ontwikkeling van ons land en vasteland. Ons is daartoe verbind om by te dra tot ’n samelewing van waardigheid, genesing, geregtigheid, vryheid en gelykheid vir almal. In ons Eeufeesjaar het ons erken ons is bewus daarvan dat die vorige 100 jaar baie ongeregtighede vir baie mense in ons land meegebring het. Dit is formeel in die Universiteit se Restitusiestelling opgeteken.
Kode 2040
Die Universiteit Stellenbosch se Kode 2040 is in November 2022 deur die Raad goedgekeur en verteenwoordig die gekombineerde insette van verskeie rolspelers uit die geledere van studente en personeel. Die doel van die Kode is om 'n meganisme te bied om organisatoriese integriteit en etiese kultuur by die US te lei en te bestuur, en om etiese gedrag in die uitvoering van die US se sake met sy belanghebbendes te bevorder en te handhaaf.
Kode 2040 stem ooreen met Visie 2040 Strategiese Raamwerk. Dit kan ten beste beskryf word as ’n geïntegreerde etiese kode wat poog om die
US se institusionele waardes oor te sit in ’n stel hoëvlak- regulatiewe riglyne wat gedrag by die US beheer. Kode 2040 is dus aspirerend én rigtinggewend. Die primêre fokus daarvan is egter op ons waardes – eerder as wettiese voldoening – as die grondslag vir gedrag waarna ons streef.
Kode 2040 is ’n meganisme om die organisatoriese integriteit en etiese kultuur van die US te rig en te bestuur, en om etiese gedrag in die uitvoering van die US se sake met sy interne en eksterne belanghebbendes te bevorder en te handhaaf. Dit rig die daaglikse werk van US-personeel en van die belanghebbendes wat met die US se aktiwiteite geaffilieer is. Dit is ’n verklaring oor hoe die US se etiese waardes sy kultuur, strategieë, sake en verhoudinge (met sowel direkte as indirekte belanghebbendes) rig.
Kode 2040 is saamgestel met verwysing na die oorsigbestuursbeginsels wat in die US se Statuut uiteengesit word, en met erkenning van die feit dat goeie oorsigbestuur nie allereers uit wetlike imperatiewe ontstaan nie, maar uit ’n etiese verbintenis (ondersteun deur die US se sterk institusionele waardes van uitnemendheid, respek, billikheid, deernis en verantwoordbaarheid). Die US is ’n openbare tersiêre instelling wat openbare fondse aanwend en verantwoordelik is om dit op ’n etiese en verantwoordbare wyse te doen. Kode 2040 gee uiting aan ons unieke institusionele nalatenskap as die onvoltooide en voortdurende taak om kennis in diens van die samelewing eties te bevorder.
US visie en missie
Ons visieDie Universiteit Stellenbosch sal Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit wees wat wêreldwyd as uitnemend, inklusief en innoverend erken word en waar ons kennis tot diens van die samelewing bevorder. | Umbono WethuIYunivesithi yaseStellenbosch iya kuba | Our visionStellenbosch University will be Africa's leading research-intensive university, globally recognised as excellent, inclusive and innovative, where we advance knowledge in service of society. |
Ons missieDie Universiteit Stellenbosch is 'n navorsings-intensiewe universiteit wat uitmuntende studente lok, talentvolle personeel aanstel en 'n wêreldklasomgewing bied; 'n plek wat met die wêreld verbind is en gemeenskappe plaaslik, op die vasteland en in die res van die wêreld verryk en transformeer. | Ubizo lwethuIYunivesithi yaseStellenbosch yiyunivesithi egxininise kuphando nalapho sitsala abafundi abagqwesileyo, siqesha abasebenzi abanesiphiwo kwaye sibonelela ngemeko ekwinqanaba lehlabathi; indawo eqhagamshelana nehlabathi, ngeli lixa ityebisa ngophuhliso kwaye iguqula uluntu lwendawo, elizwekazi nolwehlabathi. | Our missionStellenbosch University is a research-intensive university, where we attract outstanding students, employ talented staff and provide a world-class environment; a place connected to the world, while enriching and transforming local, continental and global communities. |
US waardes en Kode 2040-verbintenis
Die Universiteit se gedeelde waardes hou verband met die oortuigings en houdings wat ons gedrag rig teenoor onsself en ook teenoor ander (“ons handelingsriglyne”).
Die US se institusionele waardes, soos uiteengesit in Visie 2040, hou verband met ons werk (uitnemendheid), ons skakeling met ons direkte en indirekte belanghebbendes (respek, billikheid, deernis) en die toepassing van ons gedrag (verantwoordbaarheid). Hierdie waardes tesame bevorder etiese gedrag by die US. Waardes word lewendig in verhoudings en word deur gesprekke gekoester. Die US se waardes is almal ewe belangrik, onderling verbind, en ondersteun die US se etiese en gedragskode (Kode 2040). Alle belanghebbendes dra deur die konsekwente toepassing van ons waardes tot die verwesenliking van Visie 2040 by.
Kode 2040-verbintenis
Ter ondersteuning van die beginsels wat in Kode 2040 uiteengesit is, is die US altyd verbind tot etiese gedrag, in die besonder uitnemendheid in ons werk, respek en deernis in ons interaksies met ander, en verantwoordbaarheid vir ons optrede. Hierdie verbintenis is in die grafika uiteengesit.
Instaatstellers
Instaatstellers is die elemente wat alles moontlik maak. Dit beskryf die vermoëns, kragte en hulpbronne wat bydra tot die sukses van die US.
Kenmerke
Die Universiteit se kenmerke definieer die eienskappe en karaktertrekke van die US. Dié agt kenmerke vergestalt waarvoor die Universiteit staan.
US Restitusiestelling
Restitusiestelling (2018)Die Universiteit Stellenbosch (US) erken sy onlosmaaklike verbondenheid met die geslagte van die verlede, hede en toekoms. In die 2018 Eeufeesjaar vier die US sy talle suksesse en prestasies. Die US erken terselfdertyd sy bydrae tot die onreg van die verlede. Hieroor het ons diepe berou. Ons vra sonder voorbehoud om verskoning aan die gemeenskappe en individue wat uitgesluit was van die historiese voorregte wat die US geniet het en ons huldig die kritiese Matie-stemme wat nie tot swye gebring kon word nie. In verantwoordelikheid teenoor die huidige en toekomstige geslagte, verbind die US hom onvoorwaardelik tot die ideaal van 'n inklusiewe wêreldklas-universiteit in en vir Afrika. | Ilizwi ngembuyiselo (2018)IYunivesithi yaseStellenbosch (SU) iyavuma ngezinto ezingazange zisonjululwe phakathi kwayo nesizukulwana esidlulileyo, esangoku nezizayo. Kumnyaka ka-2018 wokugqiba iNkulungwane, i-SU ibhiyozela impumelelo nokufezekisa kwayo izinto ezininzi. Kwangaxeshanye, i-SU iyalivuma igalelo layo kwizenzo ezichasene nobulungisa zexesha elidlulileyo. Ngelo galelo siyazisola kakhulu. Siyaxolisa ngokungazenzisiyo kuluntu nakubantu abazivinjwayo iinyhweba zembali ezazisonwatyelwa yi-SU kwaye siwahlonipha kakhulu amazwi eeMatie angelo xesha angazange avume ukuvalwa imilomo. Ukubonakalisa inkathalo ngokujoliswe kwisizukulwana sangoku nesizayo, i-SU iyazibophelela ngokungagungqiyo ukubandakanya bonke abalungele ukuxhamla kwiYunivesithi equka wonke ubani nekwizinga lehlabathi, phakathi eAfrika neyeyeAfrika ngokunjalo. | Restitution statement (2018)Stellenbosch University (SU) acknowledges its inextricable connection with generations past, present and future. In the 2018 Centenary Year, SU celebrates its many successes and achievements. SU simultaneously acknowledges its contribution towards the injustices of the past. For this we have deep regret. We apologise unreservedly to the communities and individuals who were excluded from the historical privileges that SU enjoyed and we honour the critical Matie voices of the time who would not be silenced. In responsibility towards the present and future generations, SU commits itself unconditionally to the ideal of an inclusive world-class university in and for Africa. |