Handelsmerk-identiteit
Jou gids om die Universiteit Stellenbosch-handelsmerk toe te pas.
Die implementering van die Universiteit Stellenbosch-handelsmerk
Hierdie bladsy verskaf leiding oor hoe om die Universiteit Stellenbosch se visuele identiteit te implementeer en ons handelsmerkposisionering in alledaagse boodskappe oor te dra.
Ons handelsmerkhandleiding bied 'n praktiese oorsig van die bepalende elemente van die Universiteit Stellenbosch se handelsmerk, insluitende ons posisionering en visuele kommunikasiestandaarde.
Hulp om jou pad deur ons handelsmerk te vind
Wanneer jy inhoud of boodskappe vir die Universiteit skep, gebruik die volgende afdelings van die Handelsmerkgids as jou verwysing:
Handelsmerkposisionering
Verstaan waarvoor die Universiteit Stellenbosch staan en hoe om dit konsekwent deur toon, styl en boodskap uit te druk.
Visuele kommunikasie
Leer hoe om US se logo, kleurpalet, tipografie, slagspreuk en handelsmerkgrafika korrek toe te pas om ’n samehangende institusionele identiteit te behou.
Ek wil graag …
handelsmerkitems laat vervaardig.
Riglyne vir die skep van handelsware of fisiese produkte met die Universiteit Stellenbosch se naam of logo's daarop.
Klik hier.
die Canva-template gebruik.
Redigeerbare doen-dit-self-template met institusionele en fakulteitshandelsmerke vir digitale gebruik.
Klik hier.
die template vir skryfbehoeftes aflaai.
Laai skryfbehoeftetemplate soos briefhoofde, memo's en voorbladlêers af.
Klik hier.
raad en leiding oor ontwerp en ons handelsmerk vra.
Tree met die handelsmerkspan in verbinding vir hulp met jou vrae en leiding met handelsmerkbelynde items.
Klik hier.
Universiteitsfoto’s in handelsmerkbelynde items gebruik.
Blaai deur 'n biblioteek vol handelsmerkgoedgekeurde foto’s en afbeeldings wat die wese van ons Matie-gees en kampuslewe vasvang.
Klik hier.
Interne belanghebbers kan toegang tot bykomende hulpbronne en template via die Handelsmerk-intranetbladsy kry (vereis US-aanmelding).
Vir eksterne versoeke, stuur 'n e-pos aan [email protected].
Vrae?
As jy verdere leiding benodig of vrae het oor die toepassing van ons handelsmerk, voltooi asseblief hierdie vorm.
Vir derdeparty-versoeke of navrae oor die gebruik van die Universiteit Stellenbosch se naam of handelsmerke, raadpleeg asseblief die Handelsmerkkantoor.
Herhandelsmerk van die Universiteit Stellenbosch
Lees meer oor ons reis na ’n verenigde, universiteitsgedrewe handelsmerkidentiteit. Vind meer uit oor die herhandelsmerk-inisiatief.