Skip to main content

US Voertuigtender 2026

22 Junie 2026

Die Universiteit Stellenbosch, Vervoerdienste, geleë in Banghoekstraat, sal op Woensdag 24 Junie 2026 ’n voertuigverkoping aanbied. Die voertuie kan van 08:30 tot 16:00 besigtig word en alle geskrewe tenders moet voor 16:30 op daardie dag ingedien word.

Kontak: Lelanie by [email protected] of Lincoln by [email protected] vir meer inligting.

Verseker asseblief dat alle inligting op die tendervorm volledig ingevul word. Laai die tendervorm hier af asook die lys van beskikbare voertuie vir vertoon hier.

Dit is veral belangrik dat die faktureringsbesonderhede presies volgens die voorgeskrewe vereistes voltooi word, insluitend die aangewese adres waarheen alle fakture uitgereik moet word.

Dankie vir u samewerking.