Skip to main content

Fasiliteitsdienste

Fasiliteitsdienste is daarvoor verantwoordelik om met kliënte uit die verskillende kampusomgewings te skakel oor die dienste wat die Afdeling Fasiliteitsbestuur (USFB) lewer. Hierdie onderafdeling koördineer ook die werk wat die USFB onderneem. Die kampusse is in klusters met spesifieke US-omgewings verdeel, elk met ’n kantoor vir die fasiliteitsbestuurder, wat die USFB verteenwoordig. US-omgewings het toegang tot die USFB-dienstoonbank om versoeke, projekte en klein werke aan te teken wat met instandhouding verband hou. Die USFB-dienstoonbank moniteer en beoordeel sake wat uit die US-omgewings aangeteken word.

Call-Centre-Service-desk-150x150.jpg

Kontak die dienstoonbank

Die USFB-dienstoonbank is die toegangsportaal en sentrale aanmeldingspunt vir alle versoeke en foute wat met fasiliteite op kampus verband hou. Die dienstoonbank beoordeel alle versoeke en wys dit aan interne US-instandhoudingspersoneel of eksterne diensverskaffers toe vir uitvoering, of eskaleer dit vir beoordeling of uitvoering as klein of kapitaalprojekte. Die dienstoonbank moniteer en skakel met instandhoudingspanne oor die status van projekte en hanteer navrae vanuit die Universiteitsgemeenskap oor versoeke wat aangeteken is. Sodoende verseker ons voortgesette terugvoering.

Faclities-management-150x150.jpg

Kontak ’n fasiliteitsbestuurder

Fasiliteitsbestuurders is die toegangsportaal vir kliënte uit die verskillende US-omgewings wat die USFB se dienste benodig. Elke bestuurder werk binne hulle bepaalde portefeulje en is daarvoor verantwoordelik om met die onderskeie US-omgewings te skakel en alle werkprojekte te koördineer.

Fasiliteitsbestuurders neem die leiding met alle diensverskafferkontrakte en diensvlakooreenkomste wat met skoonmaakdienste en sportterrein-instandhouding verband hou. Dit is die persoon met wie jy alle versoeke moet bespreek wat met die USFB verband hou, nadat dit by die dienstoonbank aangeteken is. Elke bestuurder is verantwoordelik vir ’n omskrewe portefeulje waarbinne hulle gekoördineerde dienslewering moet verseker en met kliënte moet skakel om te sorg dat aan hulle verwagtings voldoen word. Ontmoet ons span fasiliteitsbestuurders hier.

Graphs-stats-150x150.jpg

Bestuursinligting

Die Afdeling Fasiliteitsbestuur verskaf, via ons dienstoonbank, bestuursinligting oor die nakoming van steundiensooreenkomste. Ooreenkomste word opgestel om die besonderhede oor die omvang van dienste sowel as die gepaardgaande verantwoordelikhede, tydraamwerke en uitkomstes uiteen te sit. Sodoende verseker ons uitnemende diens.

Fasiliteitsbestuur-dienstoonbank

021 808 4666

E-pos: [email protected]

Selfdiensgebruikers

 

(slegs Planon-selfdiensgebruikers)

Registreer as selfdiensgebruiker.

Vind uit hoe om te registreer

Selfdiensgebruikers teken op die USFB-dienstoonbank aan onder die volgende kategorieë:

Audio-n-Visual-300x222.jpg

Oudio en visueel

Elektroniese media of toerusting wat ’n klank- en/of visuele komponent insluit ‒ soos projektors, skerms en mikrofone

Building-Fabric-300x248.jpg

Boumateriaal

Strukturele materiaal, bekleding, isolering, afwerkings wat die binnekant van ’n gebou omsluit en die binnekant van die buitekant afsluit ‒ soos deure, mure, vensters, vloermateriaal, dakke en blindings

Electrical2-1.jpg

Elektries

Elektriese dienste wat met die toevoer of verspreiding van elektrisiteit verband hou ‒ soos ligte, kragopwekkers, UPS’e (ononderbreekbare kragbron), kragproppe en elektriese of kraglyne, drade of kabels

Events-300x254.jpg

Geleenthede

Vereistes vir die beplanning van geleenthede ‒ rakende fasiliteite, ablusiegeriewe, aanwysingsborde, gesondheid-veiligheid-omgewing (Eng. HSE) en tuindienste

Fire-Alarms-300x214.jpg

Brand en alarms

Versoeke rakende brandoefeninge, foutiewe brand- en indringing-alarms, brandbestrydingstoerusting, aanwysingsborde, lewens- en vrieskasalarms, brand-water-netwerk en enige ander vorm van brandvoorkoming

Gardens-Grounds-256x300.jpg

Tuine en Terreine

Die instandhouding van die landskap en tuine ‒ soos besproeiing, binnenshuise plante, plaveisel, parkeerplekke en plaagbeheer

Mechanical-300x297.jpg

Meganies

Dienste of toerusting in ’n gebou of fasiliteit wat motore, masjiene of die vloei van vloeistowwe behels; gewoonlik gepaard met elektriese of elektromeganiese kontroles ‒ soos pompe en lugreëling, krane, gas en hysbakke

Minor-Works-300x280.jpg

Klein werke

Opknapping en nuwe installasies; enige aanpassing aan dienste of installering van bates of toerusting, en die opgradering of sloping van fasiliteite wat minder as R500 000 werd is

Plumbing2-300x296.jpg

Loodgieterswerk

Alle loodgietersdienste rakende die instandhouding van vaste toebehoorsels, warmwatersilinders, pype, kleppe, blokkasies, gryswaterstelsels, ensovoorts

Services-300x254.jpg

Dienste

Ander dienste (wat nie onder die ander kategorieë tuishoort nie) ‒ soos plaagbeheer, brandstofverskaffing, nutsdienste, verhuisingsversoeke, luggehaltetoetsing, skoonmaakdienste en tydelike elektrisiteitsvoorsiening

Waste-223x300.jpg

Afval

Oplaai, vervoer, herwinning, wegdoen en behandeling van afvalmateriaal

Ontmoet die dienstoonbankspan

Dan Prata Director: Facilities Services

Dan-Prata-horiz.jpg

Meet our SUFM service desk team

Claudette-Mackriel.jpg

Claudette Mackriel

Service Desk Supervisor

Joniven-Adams-240x300.jpg

Joniven Adams

Service Desk Operator

Auriol-Olivier.jpg

Auriol Olivier

Service Desk Operator

Samantha-Pekeur.jpg

Samantha Pekeur

Service Desk Operator

Meet our SUFM service desk team

Luzaan-Stallenberg.jpg

Luzaan Stallenberg

Admin 1 Cluster
Mobile: 073 111 7310
Email: [email protected]

Trevor-Hoeben-.jpg

Trevor Hoeben

Admin 2 Cluster
Mobile: 083 454 8217
Email: [email protected]

Mandisa-Matroos-.jpg

Mandisa Matross

Admin 3 Cluster
Mobile: 073 159 4858
Email: [email protected]

Louis-for-website-1.png

Louis Fincham

Sport cluster
Mobile: 072 643 5843
Email: [email protected]

Phumlani-Mathebula-.jpg

Phumlani Mathebula

Residences
Mobile: 081 764 4066
Email: [email protected]

Charmaine-Kleyn.jpg

Charmaine Klein

Bellville Campus
Mobile: 082 2023440
Email: [email protected]