Skip to main content

Gevorderde Diploma in Praktiese Musiek

Gevorderde diploma
ID:
0614_100_L100

Die eenjarige Gevorderde Diploma in Praktiese Musiek bied gespesialiseerde uitvoerende musiekopleiding wat jou toerus om jou hoofinstrument te onderrig. Praktiese onderrig word aangebied in klavier, orrel en alle moderne orkesinstrumente, asook in sang, blokfluit, klawesimbel, kitaar en koordirigering.

Daar is ruim geleentheid vir groepmusiek-beoefening, byvoorbeeld in die US Simfonieorkes, die US Simfoniese Blaasensemble, die US Jazz Band, die US Koperblaasensemble, verskeie kore en talle kleiner ensembles.

Moontlike beroepe waarvoor hierdie program jou kan voorberei, is uitvoerende kunstenaar, begeleier, musiekonderwyser of dirigent. Verdere studie kan lei tot BMus met spesialisasie in Musiekopvoeding, Uitvoering in Kamermusiek of Begeleiding, Solosang of Solospel, Musiekwetenskap, Komposisie, Musiektegnologie, Kerkmusiek, Etnomusikologie of Koorleiding.

Kontakbesonderhede
Cheryl Richardson
Faculty Administrator

Programoorsig

Duur
Een jaar
Kampus
Stellenbosch

Meer inligting

Vou alles toe

Loopbaangeleenthede

Uitvoerende kunstenaar, begeleier, musiekonderwyser of dirigent. Studie kan ook toelating bied tot BMus met spesialisering in Musiekopvoeding, Musiekuitvoering in Kamermusiek of Begeleiding, Solosang of Solospel, Musiekwetenskap, Komposisie, Musiektegnologie, Kerkmusiek, Etnomusikologie of Koordirigering.
Beroepe:
Musikant
Onderwyser

Minimum toelatingsvereistes – NSS/IEB

- Jy moet oor ’n Diploma (Praktiese Musiek) beskik of ’n ander musiekkwalifikasie wat die Senaat goedkeur.
- Jy sal op grond van ’n oudisie gekeur word. Indien jy nie oor die nodige kwalifikasies beskik nie, kan jy aanvaar word op voorwaarde dat jy aanvullende werk doen.
- Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n oudisie by die Departement Musiek op Stellenbosch, waar hulle sal moet bewys lewer van die vereiste standaarde. Wanneer ons jou aansoek ontvang, sal ons die besonderhede van die oudisie aan jou stuur. Verdere inligting: [email protected].

Minimum toelatingsvereistes – internasionale kurrikula

IEB-ISC

Not referenced in International Booklet

German Abitur

Not referenced in International Booklet

International Baccalaureate Diploma (IB Diploma)

Not referenced in International Booklet

Cambridge International/Pearson Edexcel AS-level , IGCSE/O-level

Not referenced in International Booklet

Cambridge International/Pearson Edexcel A-level , IGCSE/O-level

Not referenced in International Booklet

Programstruktuur

Voltyds

Last updated 01 April 2026
Vrywaring:
Die Universiteit behou die reg voor om die inligting op hierdie webblad te enige tyd te wysig. Hoewel alle pogings aangewend word om te verseker dat die inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is, kan dit verander of verouderd raak. Dit bly die verantwoordelikheid van voornemende studente om alle besonderhede in die betrokke fakulteitsjaarboek na te gaan of direk by die betrokke departement te bevestig.

Aansoekdatums

Suid-Afrikaanse studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026
Internasionale studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026