Skip to main content

BEd (Foundation Phase Education)

Baccalaureusgraad
ID:
0635_100_O100

Die BEd (Grondslagfase) lei hoofsaaklik onderwysers vir die Grondslagfase (graad R tot 3) op en stel hulle in staat om leerders vir die eiesoortige eise van ons tyd voor te berei. Maar jy ontwikkel ook vaardighede wat verskeie ander beroepsmoontlikhede vir jou kan ontsluit, soos kommunikasiekundige, gemeenskapsontwikkelaar, skakelbeampte en beroepe wat op kliëntediens, bemarking en verkope gerig is.

Jy kan verder studeer in Grondslagfase-onderrig (HonsBEd (Grondslagfase-onderrig)). Daarna kan jy spesialiseer in kurrikulumontwikkeling, skoolbestuur of opvoedingsbeleid (MEd).

Of met nagraadse opleiding kan jy 'n leerondersteuningsonderwyser (HonsBEd en MEd in Opvoedkundige Ondersteuning) of 'n opvoedkundige sielkundige (MEd (Psig)) word. Jy kan selfs spesialiseer in kurrikulumontwikkeling, skoolbestuur, of opvoedkundige beleid.

Kontakbesonderhede
Elbie Els
Recruitment Coordinator
Eune Louwrens
Faculty Administrator

Programoorsig

Duur
Vier jaar
Kampus
Stellenbosch

Meer inligting

Vou alles toe

Loopbaangeleenthede

Onderwyser vir graad R tot 3.
Beroepe:
Onderwyser

Minimum toelatingsvereistes – NSS/IEB

- ’n Gemiddelde prestasie van ten minste 60% in die NSS, die IEB-sertifikaat of ’n gelykstaande skoolverlatersertifikaat (Lewensoriëntering uitgesluit)
- Wiskunde 40% OF Wiskundige Geletterdheid 60%
EN
Leerders wat in Engels skoolgegaan het:
- Engels Huistaal 60%
- Afrikaans OF isiXhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
OF
Leerders wat in Afrikaans skoolgegaan het:
- Afrikaans Huistaal 60%
- Engels OF isiXhosa (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
OF
Leerders wat in isiXhosa skoolgegaan het:
- IsiXhosa Huistaal 60%
- Engels OF Afrikaans (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%

Minimum toelatingsvereistes – internasionale kurrikula

IEB-ISC

IEB-ISC (NBTs compulsory) IEB-ISC aggregate of at least 60% (excluding Active Citizenry) Mathematics 40% OR Mathematical Literacy 60% AND Learners who were taught in English English Home Language 60% Afrikaans OR isiXhosa Home Language or First Additional Language 50% OR Learbers who were taught in Afrikaans: Afrikaans Home Language 60% English OR isiXhosa (Home Language or First Additional Language) 50%

German Abitur

University Exemption with 60% average
Maths 4 (nam 6)
English or Afrikaans First Language 6 (nam 8) AND a Second Language (English/Afrikaans/ isiXhosa) 4 (Nam 6)

International Baccalaureate Diploma (IB Diploma)

University Exemption with 60% average
Maths 5 on SL OR Maths 4 on HL
English or Afrikaans First Language 4 on SL AND a Second Language (English/Afrikaans/ isiXhosa) 5 on SL

Cambridge International/Pearson Edexcel AS-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
60% average
Maths D on AS-Level or C on GCSE/O-Level
English or Afrikaans First Language C on AS-Level AND a Second Language (English/Afrikaans/isiXhosa) D on AS-Level

Cambridge International/Pearson Edexcel A-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
60% average
Maths E on A-Level or C on GCSE/O-Level
English or Afrikaans first
language D on A-Level AND
a Second Language (English/ Afrikaans/isiXhosa) E on
A-Level

Programstruktuur

Voltyds

Last updated 01 April 2026
Vrywaring:
Die Universiteit behou die reg voor om die inligting op hierdie webblad te enige tyd te wysig. Hoewel alle pogings aangewend word om te verseker dat die inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is, kan dit verander of verouderd raak. Dit bly die verantwoordelikheid van voornemende studente om alle besonderhede in die betrokke fakulteitsjaarboek na te gaan of direk by die betrokke departement te bevestig.

Aansoekdatums

Suid-Afrikaanse studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026
Internasionale studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026