BA in Politieke, Filosofiese en Ekonomiese Studies (PPE)
As jy belangstel in die filosofie, politiek, ekonomie en idees wat die politieke ekonomie beïnvloed, is hierdie net die program vir jou! Die kombinasie van politieke, filosofiese en ekonomiese studies (PPE) is lank reeds 'n gesogte studieprogram aan die unversiteite van Oxford en Cambridge. Stellenbosch was die eerste universiteit in Suid-Afrika om die program aan te bied, en is tans een van net drie universiteite in die land waar jy 'n PPE-kwalifikasie kan verwerf.
Die program ontwikkel jou vaardighede in kritiese en kreatiewe denke en rus jou toe met kennis van die filosofie en van politieke en ekonomiese stelsels. Jy leer ook meer oor sosiale navorsing, ekonomiese verskynsels en tendense, politieke en ekonomiese beleidsanalise en hoe om omstrede moreel-etiese kwessies te beoordeel.
Hierdie soort kennis en vaardighede is veral nuttig vir mense wat wil werk as bestuurders, joernaliste, sakelui, diplomate, staatsamptenare en akademici. In die privaat sektor bied die PPE-kwalifikasie 'n groot verskeidenheid werkgeleenthede.
Kontakbesonderhede
Programoorsig
Meer inligting
Loopbaangeleenthede
Minimum toelatingsvereistes – NSS/IEB
- Huistaal 50%
- Eerste Addisionele Taal 40%
- Wiskunde 60%
Minimum toelatingsvereistes – internasionale kurrikula
IEB-ISC (NBTs compulsory) IEB-ISC aggregate of at least 65% (excluding Active Citizenry) Home Language 50% First Additional Language 40% Mathematics 60%
German Abitur
University Exemption with 65% average
Language requirements will be satisfied by
meeting the exemption requirements
Maths 6 (Nam 8)
International Baccalaureate Diploma (IB Diploma)
University Exemption with 65% average
Language requirements will be satisfied by
meeting the exemption requirements
Maths 5 on SL OR Maths 4 on HL
Cambridge International/Pearson Edexcel AS-level , IGCSE/O-level
University Exemption with
65% average
Language requirements will be satisfied by meeting the exemption requirements
Maths C on AS-Level
Cambridge International/Pearson Edexcel A-level , IGCSE/O-level
University Exemption with
65% average
Language requirements will be satisfied by meeting the exemption requirements
Maths E on A-Level
Programstruktuur
Voltyds